
ReconAfrica, Myneministerie ontken beweringe - May 24, 2021
Beide ReconAfrica en die Namibiese ministerie van myne en energie, ontken alle beweringe wat in die gesaghebbende omgewingstydskrif National Geographic gepubliseer is. Albei het in ‘n mediaverklaring beklemtoon dat die Kanadese olie- en gasmaatskappy alle wette gehoorsaam en die beste praktyke toepas in alle gebiede waar hulle werk. Die spruit uit ‘n hokaairoeper wat ‘n […]
Wes-Kaap-leerders kan uitslag van aansoeke kry - May 24, 2021
Byna 150 000 geregistreerde gebruikers op die Wes-Kaapse onderwysdepartement se toelatingswebtuiste het gretig gewag om toegang te kry tot die uitslag van leerders se aansoeke vir die 2022-skooljaar. ‘n Woordvoerder, Bronagh Hammond, sê die wag is oor en die uitslag van meer as 400 000 aansoeke kan nou deur ouers en leerders besigtig word.
Afrika-dag moet ons herinner om volhoubare oplossings te vind - May 24, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die Covid-19-pandemie het mense in Afrika wat reeds ly onder die gevolge van konflik, onderontwikkeling en armoede, meer kwesbaar gemaak. Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief oor Afrika-dag wat môre herdenk word dat pogings verskerp moet word om ‘n volhoubare, blywende maatskaplike en ekonomiese herstel vir die vasteland te bereik. Ramaphosa […]
‘Groen- toekennings baie belangrik - May 24, 2021
Die Volhoubare Ontwikkeling-toekennings van die Omgewings Beleggingsfonds is die naweek gehou. Nege verskillende kategorieë vir organisasies en individue wat aansienlik tot volhoubare ontwikkeling bygedra het is aangebied. Lot Ndamanomhata, die hoof van Korporatiewe Kommunikasie by die fonds sê die toekennings is van kritiese belang.
Arbeid se hoofkantoor gesluit - May 24, 2021
Verskeie kantore en afdelings van die Namibiese Ministerie van Arbeid se hoofkantoor in die hoofstad is gesluit en die gepaardgaande personeel is tans in self-isolasie. Luidens ‘n interne skrywe is daar vanoggend ‘n positiewe geval bevestig. Die betrokke afdelings sal gereinig word. Dit is nie duidelik hoe lank die betrokke afdelings gesluit sal wees nie.
Wollie en Wagter kry ook koud, en skenk asb aan die DBV… - May 24, 2021
Die winter is reeds hier en die Nasionale Direkteur van die Dierebeskermingsvereniging Hanna Rhodin doen ‘n beroep op troeteldier eienaars om hulle diere teen die elemente te beskerm. Skenkings aan die DBV is natuurlik ook altyd welkom.
Wapenwet in SA weer in die nuus - May 24, 2021
AfriForum het beloof om die Suid-Afrikaanse konsepwysigings-wetsontwerp rakende die besit van vuurwapens te beveg. Die wetsontwerp beoog om aansoekers van vuurwapenlisensies te verplig om ‘n geldige rede vir die besit van ‘n vuurwapen te verskaf. Dit bepaal daar mag geen vuurwapenlisensies vir selfverdedigings-doeleindes uitgereik word nie. ‘n Lid van AfriForum, Marnus Kamfer, sê die voorgestelde […]
Ons sal Van Wyk se aantygings ondersoek - May 24, 2021
Reaksie word ontvang op aantygings wat die Burgemeester van Rehoboth teen van die dorp se raadslede en personeellede gemaak het. Rudi van Wyk wil hê die Teenkorrupsie-kommissie moet ondersoek instel. Die Direkteur-Generaal van die kommissie Paulus Noa, sê Van Wyk het die klagte aan almal gestuur en die besluit bevraagteken… Maar hy sê daar sal […]
Swendelaar doen weer aansoek in die hof - May 24, 2021
Die bekende Suid-Afrikaanse swendelaar Adriaan Jacobus Pienaar het ‘n dringende aansoek voor Regter Thomas Masuku vanoggend waar hy vra vir ‘n bevel dat hy uit die gevangenis vrygelaat word en teruggestuur word na Suid-Afrika. Pienaar is nie ‘n vreemdeling in Namibië se howe nie soos Yanna Smith berig.
LGBTQ: dis tyd vir sinvolle debat - May 24, 2021
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Presidentsvrou Monica Geingos ter ondersteuning van die eise van die LGBTQ-gemeenskap. Geingos sê dit is tyd vir ‘n sinvolle gesprek en het die Swapo Jeugliga gekritiseer vir wat sy beskryf as haatspraak in sy persverklaring verlede week. Linda Baumann, ‘n Geslagsaktivis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.