
Mosambiek-olifante uit konflik verwyder - May 25, 2021
Die Aspinal-stigting en die Natuurlewe-noodfonds het met die Vredespark-stigting saamgespan vir die dringende hervestiging van 13 olifante uit die buffer-gebied van die Maputo-spesiale reservaat in Mosambiek. Die projek-koördineerder, Dereck Milburn, sê die diere moes verskuif word weens konflik met gemeenskappe in die gebied wat wou hê hulle moet geskiet word. Hy sê dit was een […]
Tenkerwa brand by Döbra - May 25, 2021
‘n Trein met ‘n tenkerwa het ontspoor by Döbra en aan die brand geslaan. Groot wolke swart rook kan in die gebied net noord van die hoofstad gesien word. Nooddienste is reeds ontbied. Sven Strohmenger, ‘n ooggetuie is op die toneel.
EU stel sanksies teen Belarus in - May 25, 2021
Leiers van die Europese Unie het ekonomiese sanksies teen Belarus ingestel. Hulle het ook hul lugrederye versoek om die Belo-Russiese lugruim te vermy, terwyl magtiging gegee word om die land se lugdienste in die Europese lugruim en lughawens te verbied. ‘n Ryanair-vlug van Athene na Vilnius moes noodgedwonge in Belarus land, waar die opposisie-blogger Roman […]
Zim se oes lyk vanjaar beter - May 25, 2021
In vergelyking met vorige jare, het Zimbabwe goeie reën die seisoen ontvang. Boere het van hierdie geleentheid gebruik gemaak en genoeg gewasse geplant. Volgens Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boere-unie in Zimbabwe, word ‘n beter oes vanjaar verwag. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Van suiker tot ‘avgas’ - May 25, 2021
‘n Studie het bevind die produksie van volhoubare stralerbrandstof uit etanol wat uit suikerriet onttrek is, is ‘n lewensvatbare, groot sakegeleentheid vir die Suid-Afrikaanse suikerriet-bedryf. Die studie is gesamentlik onderneem deur die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging en die Rondetafel op Volhoubare Biomateriale. Dit het bevind as 50 persent van die jaarlikse produksie van suikerriet gebruik word, kan […]
Net 38% van Namibiërs wat werk, vervaardig iets - May 25, 2021
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê dat 22 persent van Namibiese arbeid is in die landbousektor terwyl 16 persent in vervaardiging werk. Dit wil sê dat 38 persent van alle Namibiërs wat werk, vervaardig niks en word as verbruikers geklassifiseer. En net meer as 20 persent van Namibiërs is werkloos waarvan meer as 43 persent jongmense is. […]
Een vrou, een hektaar - May 25, 2021
Suid-Afrikaanse vroue van landelike gebiede vergader vandeesweek in Franschhoek in die Wes-Kaap oor die aanwending van die Verenigde Nasies se Verklaring oor die Regte van Kleinboere as instrument vir die ontwikkeling van ‘n inklusiewe grondbeleid. ‘n Woordvoerder, Bettie Fortuin, sê die vergadering sal ook ‘n aksieplan vir ‘n belangrike veldtog oor grond opstel. Sy beklemtoon […]
Vigs-syfers sou laer gewees het as sodomie wettig was – Haufiku - May 25, 2021
Geslagsaktiviste in Namibië plaas druk op die regering om sodomie te dekriminaliseer. Gesondheidskenners is van mening indien sodomie gedekriminaliseer word, die regering kondome aan manlike gevangenes kan lewer om die verspreiding van seksuele oordraagbare siektes te voorkom. Volgens die Namibië Geïntegreerde Biologiese en Gedragstudie van 2019 is die voorkoms van MIV hoog met 20,9 persent […]
Kom ons werk saam vir die vasteland – Geingob - May 25, 2021
Namibië herdenk vandag Afrikadag saam met die res van die vasteland en talle lande in die wêreld. Maar dit is ook vandag Afrika Vryheidsdag wat herdenk word om die vryheid van die vasteland te vier. Lande soos die VSA, Spanje en die Verenigde Koninkryk herdenk ook die dag. President Hage Geingob sê ons moet vandag […]
F1: Red Bull oortref verwagtinge - May 25, 2021
Die hoof van Red Bull se Formula Een-span, Christian Horner, sê om in albei kampioenskappe voor te loop, oortref alle verwagtinge. Max Verstappen het met sy oorwinning in Sondag se Monaco Grand Prix die eerste keer in sy loopbaan die voortou geneem in die bestuurders-afdeling. Red Bull is ook die eerste keer sedert 2013 bo-aan […]