
Werkgewers kan nie personeel dwing om in te ent - June 16, 2021
Die regering van Namibië het entstowwe op ‘n vrywillige basis aan alle Namibiërs beskikbaar gestel, maar dit is elke Namibiër se keuse om ingeënt te word of nie. As ‘n poging om almal te laat inent, het sommige werkgewers hul werknemers gedwing om ingeënt te word of te bedank. Sommige het so ver gegaan om […]
Napha sê talle internasionale jagters in Namibië - June 16, 2021
Die kantore van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of te wel Napha, is van vandag af vir die volgende tien dae gesluit nadat ‘n kantoorwerker positief vir die Covid-virus getoets het. Volgens Nicole Schwandt van Napha het Namibië tans talle internasionale jagters in die land. Sy het jagters verseker dat jagpermitte-aansoeke soos normaalweg voortgaan en nie […]
Taj Mahal is weer oop - June 16, 2021
Die Taj Mahal het vandag heropen nadat die Indiese regering Covid-regulasies verslap het. Besmettings in dié land het rekordhoogte in April en Mei bereik, maar begin nou afplat. Slegs 650 mense per dag mag die Taj Mahal besoek.
Noord-Korea ervaar ernstige voedseltekort - June 16, 2021
Vloede, die korona-pandemie en verlammende internasionale sanksies het gemaak dat Noord-Korea nou ‘n ernstige voedseltekort ervaar. Volgens internasionale media het landbouprodusente nie teikens behaal nie en Kim Jong-oen is baie bekommerd.
Toeriste mag Namibië besoek - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.
Wêreldvoedselprogram help Mosambiekers - June 16, 2021
Die Wêreldvoedselprogram het onderneem om sy humanitêre hulp uit te brei na meer mense in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie. Die provinsie word geteister deur insypelaars. Dié voedselprogram ondersteun reeds sowat 1,2 miljoen mense in Mosambiek.
Boetes vir oortreding van Covid-maatreëls - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het ook gewaarsku dat boetes gehef sal word op lede van die publiek wat Covid-maatreëls oortree, fopnuus versprei of kontakte versteek.
Lang wintervakansie vir pre-primêre tot graad 9 - June 16, 2021
Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die pre-primêre fase tot graad 9 en verskeie fases van skole vir leerders met intellektuele uitdagings landswyd vir die wintervakansie vanaf 25 Junie tot 26 Julie gesluit sal wees. Daar sal ook nie eksamens vir hierdie leerders wees nie.
Namibiese onderwysminister bespreek onderwysregulasies vanaand - June 16, 2021
Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, sal vanaand die kwessie van onderwys rakende die gewysigde Covid-regulasies bespreek. Die onderwyssektor is die laaste tyd gekritiseer or hoe hulle die probleem hanteer het, ná ‘n aantal skole weens van erge Covid-gevalle onder leerders en onderwysers moes sluit. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur in die ministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1.
Reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.