
Opname: meer as 75% van Afrikane verloor inkomste tydens pandemie - May 25, 2021
Die wêreld-leier in marknavorsing, Ipsos, sê volgens mense regoor Afrika het die korona-virus pandemie die laaste jaar ‘n beduidende uitwerking op hul lewenswyse gehad. Ipsos-kantore regoor die vasteland het na elke vlaag data versamel. Die jongste inligting dui daarop dat meer as ‘n driekwart van alle respondente ‘n gedeelte of hul hele inkomste verloor het […]
Eenhana se drinkwater sal op raak… N$100m nodig - May 25, 2021
Die dorpsraad van Eenhana in die Ohangwena-streek het 100 miljoen Namibiese dollar nodig vir ‘n water versuiweringsaanleg of, die dorp se drinkwater sal binne twee jaar op raak. Volgens die raad se bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling, Ndawedwa Mwandingi het die dorp se bevolking baie vinnig gegroei en plaas tans druk op die beskikbare infrastruktuur. Watervoorsiening […]
SA stig Infrastruktuur Teenkorrupsieforum - May 24, 2021
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland, Andy Mothibi, en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia De Lille, het die Infrastruktuur Teenkorrupsieforum bekendgestel. Die forum bestaan uit dele van die openbare en die private sektor. Die doel is om infrastruktuurprojekte meer doeltreffend te monitor en om stelsels in plek te sit […]
Ramaphosa: Lesse te leer uit pandemie - May 24, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gesels oor hoe die Covid-19 pandemie lesse vir mense wêreldwyd geleer het. Ramaphosa het gesê die pandemie het die mensdom meer bewus van ons sterkpunte en ons weerloosheid gemaak.
Lyk in dinosourus-beeld gevind - May 24, 2021
Die lyk van ‘n 39-jarige man is in ‘n papier-maché-beeld van ‘n stegosourus-dinosourus in Barcelona in Spanje gevind. Volgens internasionale media het ‘n pa en sy seun letterlik snuf in die neus gekry en die lyk deur ‘n gleuf in die beeld gewaar. Volgens internasionale media blyk dit die man het daar vasgesit.
Namibië se damme 85% vol - May 24, 2021
Namibië se damvlakke staan tans op ‘n totaal van 85 persent. Volgens NamWater se dambulletin is die sentrale streek se damme 85,7 persent vol met die Swakoppoortdam op 94,9 persent en Von Bachdam op 73.2 persent. Die damme in die Suide is gesamentlik 90,3 persent vol met die Neckartaldam op 98,6 persent en die Nautedam […]
Bejaardes traag vir inentings - May 24, 2021
Die sakebelange-groep Business for South Africa sê dit is bekommerd oor die groot aantal Suid-Afrikaanse pensioenarisse wat nog steeds nie vir hul Covid-inenting geregistreer het nie. Die groep së dat, tot op hede, slegs ongeveer 1,6 miljoen van die land se 5,4 miljoen pensionarisse reeds op die land se EVDS-stelsel vir hul Covid-inspuiting geregistreer het. […]
Ekstremiste weer besig in Noord-Mosambiek - May 24, 2021
Ekstremiste wat bande met die Islamitiese Staat het, het die afgelope naweek probeer om die dorpie Lumbi n die Palma-distrik in Mosambiek oor te neem. Presdident Filipe Nyusi sê die soldate kon die aanval verhoed. Volgens internasionale media is vyf militante dood.
Ohlthaver & List stel aanlyn inkopie-platform bekend - May 24, 2021
Die Ohlthaver & List Groep het ‘n aanlyn inkopie-platform, DotDune, bekendgestel. Die portaal gee plaaslike besighede en klante die geleentheid om aanlyn inkopies by dotdune.na te doen. Plaaslike besighede en handelsmerke kry nou die geleentheid om hul produkte aanlyn te verkoop en produkte sal by gebruikers se voordeur afgelewer word. Roux-ché Locke O&L se korporatiewe […]
Job: Weg met private sekuriteitstenders - May 24, 2021
Volgens Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, bestee Stad Windhoek N$20 miljoen op private sekuriteitstenders per jaar. Hy meen dit moet deur alle plaaslike owerhede geskrap word om geld te bespaar. Amupanda meen om tenders aan private maatskappye te gee, word fondse van plaaslike owerhede vermors en dit bied geleenthede vir korrupsie. Salomo Hei, High […]