Zuma se bedrogsaak tot 10 Augustus uitgestel - July 20, 2021

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het ingestem om oudpresident Jacob Zuma se bedrog- en korrupsie-saak vir drie weke uit te stel. Sy regspan het Maandag betoog sy regte sal geskend word as die verhoor virtueel voortgaan. Regter Piet Koen het beslis die saak gaan op 10 Augustus voort:

Read More

MEFT spreek wildmisdaad aan - July 20, 2021

Die Namibiese omgewingsministerie werk aan ‘n bewusmakingsveldtog om omgewingsbewaring te bevorder. Daar word ook op die suksesverhale gefokus, veral op die afname in wildmisdaad, veral wildstropery. Tydens 2019 het Namibië ‘n gemiddeld van 1,2 wildmisdaadgevalle per dag geregistreer. Ietermagôs het die mees geteikende spesie geword met 123 ietermagôs waarop in 2019 beslag gelê is. Verlede […]

Read More

SPYL sê Donderdag oor korrupsie-klag - July 20, 2021

Die Swapo Jeugliga sal Donderdag die media toespreek na een van sy Khomas-streekslede, Sylas Mungoba, aangekla is vir korrupsie en dwarsboming van die gereg. Mungoba word daarvan aangekla dat hy gepoog het om die Affirmative Repositioning-beweging om te koop om ‘n protes teen die regbank te reël vir die vrylating van die Fishrot-verdagtes. Die jeugliga […]

Read More

Wit boere in Zim moet nog ‘n jaar wag vir kompensasie - July 20, 2021

Die Zimbabwiese minister van finansies Mthuli Ncube sê die eerste fase van kompensasie aan wit kommersiële boere wat hulle grond tydens die land se omstrede grondhervormingsplan verloor het, is met ‘n jaar uitgestel. Die regering het verlede jaar ooreengekom om helfte van die 3,5 miljard Amerikaanse dollar betalings teen die einde van die maand af […]

Read More

Boer kry N$40 000 na leeu-aanval - July 20, 2021

Die Namibiese ministerie van die omgewing sal kompensasie van 40 000 Namibiese dollar aan ‘n boer in Kunene-streek, Immanuel Gurirab uitbetaal na ‘n leeu-aanval. Hy het 76 kleinvee, 66 bokke en 10 skaap, verloor. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie, is die betaling in lyn met sy nasionale mens-dier-konflik skema waar vee-eienaar ook verantwoordelik is […]

Read More

Dank Cele af – TLU SA - July 20, 2021

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê hy het president Cyril Ramaphosa, weer gevra om die minister van Polisie, Bheki Cele af te dank. Die liggaam se president, Henry Geldenhuys, sê meer as een miljoen rondes ammunisie is onder die mislukte bestuur van die minister uit ‘n vraghouerperseel naby die Durbanse hawe gesteel, tydens verlede week se […]

Read More

Unam se toep internasionaal vereer - July 20, 2021

Die Universiteit van Namibië is trots op hul mobiele onderrigtoepassing wat ‘n internasionale toekenning by die 18de Internasionale Konferensie oor e-Sake gewen het. Die mobiele toepassing, “Lilonga-Nenyanyu”, is ontwerp om kinders te help om hul kennis in wiskunde en Oshindonga te verbeter. Dit is ontwerp deur ‘n student, Caroline Mulundu, senior lektor Victoria Hasheela-Mufeti en […]

Read More

IPC toon sy medelye, beplanning is op koers - July 20, 2021

Die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change-party Brian Black het namens die party hulle medelye uitgespreek aan alle Namibiërs wat geliefdes aan Covid afgestaan het. Afgesien daarvan sê Black die party is op dreef vir sy Visie 2024.

Read More

Nog ‘n terugslag vir Spele - July 20, 2021

Verskeie hoofborge van die Olimpiese Spele sal nie die openingseremonie bywoon nie. Die aankondiging word as nog ‘n terugslag vir die Spele gesien, terwyl nog atlete positief vir Covid toets. Die Spele sal Vrydag amptelik in Tokio open maar die Panasonic-korporasie, NEC en Fujitsu Beperk sal nie teenwoordig wees nie. Die nuus volg kort op […]

Read More

PDM skenk suurstof aan Otjinene - July 20, 2021

Die PDM-party het suurstofvoorraad ter waarde van 12 000 Namibiese dollar aan die Otjinene kiesafdeling geskenk. Die oorhandiging is deur die PDM se skaduminister vir gesondheid Elma Dienda aan die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue gedoen. Die party se president McHenry Venaani sê almal moet saamstaan om die pandemie te bekamp. Hy het ook die nuus van […]

Read More