Pakistan, Indië se rookmis kan op satellietbeelde gesien word

Rekordvlakke van dik, giftige rookmis wat sedert verlede maand oor die oostelike dele van Pakistan en Noord-Indië hang, kan op satellietbeelde gesien word. Die besoedeling het die owerhede in Pakistan gedwing om skole en openbare ruimtes te sluit, aangesien dit die gesondheid van miljoene mense bedreig. Pasiënte wat ly aan die gevolge van die besoedeling […]

Read More

Sewes: Snyman bou diepte in aanloop tot Wêreldreeks

Die afrigter van die Springbok Sewes, Philip Snyman, sê hy sien uit na die opbou van groepsdiepte in die aanloop tot die komende Wêreldreeks. Die Blitsbokke sal vir minstens die eerste twee toernooie in Dubai en Kaapstad sonder kaptein Selvyn Davids en Tiaan Pretorius wees, wat beseer is. Rosko Specman is nie meer deel van […]

Read More

Visserye het nie die kundigheid, hulbronne om mariene-omgewing te bestuur nie

Onvoldoende menslike hulpbronne, hoë personeelomset en ‘n groeiende aantal ervare personeel wat aftrede nader, ondermyn die visserye-ministerie se vermoë om mariene en binnelandse visserye te beskerm en volhoubaar te bestuur. Boonop is toerusting verouderd, voertuie staan ledig, navorsingsvaartuie kan nie see toe gaan nie, daar is slegs een operasionele vliegtuig en ‘n ondoeltreffende vaartuigmoniteringstelsel wat […]

Read More

Oranje-bekken se olie-ontwikkeling moet ompad vat

Daar is kommer onder olie-reuse in die Oranje-bekken met die bevinding dat daar ‘n baie hoë gas-tot-olie-verhouding is. Groot olie-vondse is deur Shell, TotalEnergies, Chevron, en Portugal se Galp gemaak maar al die maatskappye het ‘n probleem: daar is te veel gas saam met die olie. Namibië het die opvlam van gas ten tyde van […]

Read More

Daar’s min wat Bitcoin nou sal keer

Bitcoin klim soos ‘n wegholtrein en het in die afgelope week, sedert Donald Trump herverkies is met meer as 27 persent gestyg. Die kripto-geldeenheid het bo 89 000 Amerikaanse dollar geklim maar effe teruggesak en verhandel rondom 88 500 dollar. Dit is ook die agtste belangrikste bate ter wêreld, bo silwer. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Piesangproewe vorder goed

Piesangs is die tweede mees verbruikte vrugte in Namibië, maar al ons piesangs word ingevoer. ‘n Piesang proefprojek word tans uitgevoer, en daar word beplan om die aantal proefterreine te vergroot om verskeie agro-ekologiese sones regoor die land te dek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Namibië […]

Read More

Joschko-Dippenaar-saak neergelê vir Maart ’25

Die skadevergoedingsaak wat Antonia Joschko teen Jandre Dippenaar gebring het is neergelê vir 5 tot 20 Maart volgende jaar. Die saak het vlugtig vanoggend voor regter Shafimana Ueitele voorgekom. Joschko dagvaar na die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar […]

Read More

Headsprings vry na MBA-studente

’n Groep MBA-studente van die Namibia Business School was onlangs betrokke by ’n veldstudie van Namibië se opkomende volhoubare mynboupraktyke in die land, veral die baanbrekerspogings van Headspring Investments in Leonardville in die Omaheke-streek. Headspring Investments, ‘n filiaal van Uranium One Group, bevorder ‘n innoverende in-situ herwinningsmynmetode. Sommige boere in die omgewing wil egter nie […]

Read More

Odinga mik vir AU top-pos

Die Keniaanse veteraan-politikus Raila Odinga het sy visier op die top-pos by die Afrika-unie gerig. Die 79-jarige kom te staan voor drie sterk mededingers, van Djiboeti, Mauritius en Madagaskar, in sy poging om as voorsitter van die Kommissie verkies te word. Die stem vir ‘n opvolger van Tsjad se Moussa Faki Mahamat sal in Februarie per geheime […]

Read More

Starmer sê oor Arbeiders se doelwitte in Baku

Die Britse premier, sir Keir Starmer is in Baku, Azerbeidjan vir COP29. Daar heers kommer oor die beraad se sukses, veral om nie president Joe Biden nog Xi Jinping, die leiers van die twee grootste besoedelaars ter wêreld, afvaardigings gestuur het. Starmer het met die media gepraat oor sy doelwitte. Kosmos 94.1 Nuus poog sedert […]

Read More