Ruud klop Alcaraz
Die sesde gekeurde Casper Ruud het die Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz, verslae gelaat in hul openingswedstryd van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die Noorweër het die Spanjaard afgeransel in die John Newcombe-groep en sy 50ste sege van die seisoen behaal. Die Duitser, Alexander Zverev wat sy derde trofee by ʼn ATP-jaareindtoernooi wil opraap, het Andrey Rublev […]
BRICS kan tot voordeel van Namibië wees
Die Rusland-Afrika Vennootskapsforum het gedurende die naweek in Sochi plaasgevind waar Rusland bande met Afrikalande wou versterk. Op die kantlyn van die forum was Russia Today gasheer vir Namibië se internasionale betrekkinge minister, Peya Mushelenga. Mushelenga het Rusland se betrokkenheid by Namibië se mynbedryf uiteengesit.
Koolstofkrediete deurgevoer by COP29
Diplomate het die groenlig gegee vir sleutelreëls wat die handel van koolstofkrediete reguleer op die eerste dag van COP29 in Azerbeidjan. Dit het ‘n jarelange dooiepunt verbreek en baan die weg vir ryk lande om vir goedkoop klimaataksie in die buiteland te betaal, terwyl duur emissiebesnoeiings tuis vertraag word. Die ooreenkoms sal na verwagting duidelikheid […]
Spaza-winkels: SA-regering moenie reguleer nie, eerder saamwerk
Kopanang Africa Against Xenophobia is gekant teen die regering se uitgebreide plan om informele handelaars te reguleer, wat nou straatverkopers saam met spaza-winkels teiken. Die groep beweer die ingryping kan moontlik armoede kriminaliseer en ignoreer die grondoorsake van werkloosheid en ekonomiese ongelykheid. Woordvoerder Dorothy Mabelebele glo die regering moet met handelaars saamwerk om oplossings te […]
China se Stealth-verdediging binnekort bekend
China onthul dié week ‘n nuwe Stealth-vegvliegtuig en aanvalshommeltuie, en ontleders en mededingende magte is op die uitkyk vir seldsame leidrade oor die ontwikkeling van Beijing se militêre toerusting. Die land se noue bande met Moskou sal ook op ‘n lugskou in die suidelike stad Zhuhai te sien wees, waar Beijing se burgerlike en militêre […]
Olifante verniel kremetartbome
Namibiese natuurbewaarders het kommer oor olifante wat kremetartbome beskadig. Kremetarte is hoogs aanpasbaar, met stamme wat in droë seisoene kan krimp en uitswel wanneer water volop is om berging te maksimeer. Ten spyte van hul lae waterbehoeftes, het kremetarte ‘n bietjie vog nodig om te oorleef en kan sterf as hulle oor lang tydperke daarvan […]
Verkopers van Sardarov-plase fokus van die hof
Regsargumente is ingedien in die saak waar die PDM die oud-grondhervormingsminister Utoni Nujoma en die ministerie dagvaar oor ‘n grondooreenkoms met Russiese miljardêr Rashid Sardarov om vier plase vir 99 jaar te huur. Sardarov het die grond in 2018 gekoop, aan die ministerie geskenk en toe ‘n 99-jaar pag ontvang. Die PDM sê die transaksie […]
Meer dwelms sal land inkom omdat vervoermaatskappy oor vakansie sluit
NamPol het hul dwelmstatistieke vir Oktober bekend gemaak. Daar is onder andere beslag gelê op honderde kilogramme dagga, meer as 1 400 Mandrax tablette en 186 eenhede crack-kokaïen. Altesaam 191 verdagtes is gearresteer, waarvan 177 Namibiërs is. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van die Nampol-dwelmeenheid, Hermie Van Zyl, gesels wat die publiek […]
Daar’s baie kerke in Namibië, en ook sake van wangedrag onder kerkleiers
Plaaslike media berig dat volgens die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, daar sedert 2014 gemiddeld sowat twee kerke per week geregistreer is. Daar is ook 3 211 aktiewe Artikel 21-maatskappye, waarvan 1 245, of 38,7 persent, geloofsgebaseerde organisasies is. Dit kom te midde van berigte oor gewetenlose sogenaamde kerke en predikers wat gemeentelede misbruik vir […]
Gus swem 3 500km ver van sy huis af
‘n Keiserpikkewyn is vir die eerste keer in Australië aangetref, meer as 3 500 kilometer noord van die Antarktiese kus. Die wangevoede, volwasse mannetjie, wat Gus genoem word, is op ‘n toeriste-strand in die dorp Denmark in die suidweste van die land gekry. Die keiser is die grootste pikkewynspesie. Belinda Cannell van die Universiteit van […]