
Jongste oor saambou-program - June 16, 2021
Die Namibiese minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het gesê daar word aan ‘n saambou-program met plaaslike owerhede rakende die diens en lewering van grond, gewerk. Talle Namibiërs is vir jare al sonder grond en wag nog steeds op die regering om ‘n stukkie grond te kry waar hulle ‘n huis van hul […]
Drank-maatreëls is regeverdig - June 16, 2021
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur President Hage Geingob dat die verkoop en gebruik van drank op die perseel vir twee weke opgeskort is. Alkoholverkope is steeds toelaatbaar maar is beperk en shebeens mag drank verkoop maar net op ‘n wegneembasis. Horst Heimstädt van die Selfregulerende Alkohol Industrieforum sê die maatreëls is regverdig. Hy […]
Derde vlaag vertoon meer as dubbel die syfers van vroeër - June 16, 2021
Cirrus in die hoofstad het ‘n analise van Covid-gevalle gedoen. Volgens Rome Mostert, een van die stigterslede van Cirrus, is daar tans net meer as 10 400 aktiewe gevalle in die land. Tydens die eerste vlaag infeksies, het Namibië ‘n hoogtepunt in September verlede jaar bereik met ongeveer 5 000 gevalle en tydens die piek […]
Kompetisie reëls vir begrafnis-ondernemers in Brittanje - June 16, 2021
Die kompetisie- en markte-owerheid in Brittanje het opdrag gegee aan begrafnisondernemers en operateurs van krematoriums om standaard pryslyste op hulle webtuistes en by hulle persele aan te bring teen September. Indien hulle nie hieraan voldoen nie, kan hulle hof toe gesleep word. Die owerheid het ook beslis dat van vandag af, mag begrafnisondernemers nie hospitale […]
Vennootskappe met privaatsektor sal herlewing dryf - June 16, 2021
Die jaarlikse konferensie oor vennootskappe tussen die regering en die privaatsektor is op die oomblik aan die gang in die hoofstad. Die ministerie van finansies hou jaarliks die konferensie. Die tipe van vennootskappe word voorgehou as belangrik vir die sukses van projekte in alle sektore. Die jaar se tema is ‘PPP – A Recipe for […]
Repokoers onveranderd op 3,75% - June 16, 2021
Die bank terugkoopkoers is onveranderd gelaat op 3,75 persent. Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak en sê die lae koers moet die plaaslike ekonomie ondersteun, veral nou met die derde vlaag infeksies.
Airlink hofsaak onttrek, net kostes word bepaal - June 16, 2021
Die saak waar SA Airlink Air Namibia hoërhof toe sleep is vandag deur regter Harold Geier uitgestel tot 30 Junie om ‘n bepaling oor ‘n kostebevel te maak. Dei saak is in Maart opgeskort. Airlink het Air Namibia in die hof gedaag oor wat hy beskryf as onregverdige pryse op Air Namibia se Windhoek-Kaapstad roete. […]
Osaka moet veilige hawe vind – Chris Evert - June 16, 2021
Die Amerikaanse tennislegende Chris Evert sê Naomi Osaka van Japan moet ‘n veilige hawe vind en hulp soek om die dilemma waarin sy haar bevind, te hanteer. Die tweede gekeurde Osaka het aan Roland Garros onttrek na ‘n omstrede besluit om nie verpligte nuuskonferensies ná wedstryde by te woon nie. Sy het onthul dat sy […]
Julle moet betaal vir dienste gelewer deur owerhede - June 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza het gemeenskappe in die buurland aangemoedig om te betaal vir die munisipale dienste wat hulle ontvang. Mabuza sê inwoners moet help om owerhede se finansiële krisis op te los en vir dienste te betaal:
Dis Dag van die Afrika-kind - June 16, 2021
Dag van die Afrika-kind word vandag plaaslik herdenk. Die toestande waarin Namibiese kinders hulself bevind is nie gunstig nie en armoede en geweld is van die grootste uitdagings vir die groep landsburgers. Meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram om ‘n ete ‘n dag te bekom. Kosmos 94.1 Nuus […]