Allister sluit aan by rugbyspan in Abidjan - June 28, 2021

Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Abidjan in die Ivoorkus, om deel te neem aan die RA Gold Cup Poel A-toernooi vanaf 3 tot 11 Julie. Namibië, Madagaskar en Ivoorkus neem aan die toernooi deel. Volgens die tussentydse uitvoerende hoof van die NRU, Theo Grunewald, het die hoofafrigter Allister Coetzee ook reeds by die span […]

Read More

Oranjemund sê Namdeb skuld hom N$121m - June 28, 2021

Die Oranjemund-dorpsraad sê Namdeb skuld hom 121 miljoen Namibiese dollar in huurgeld sowel as die verkoop van grond. Luidens berigte is daar in 2018 ‘n ooreenkoms onderteken vir die verkoop van die mynmaatskappy se huise en kommersiële eiendomme en die regering het in Julie 2018 toestemming gegee vir die verkoop van 1 126 erwe. Namdeb […]

Read More

Trump moedig kiesers aan om meerderheid vir Republikeine te gee - June 28, 2021

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het mense aangemoedig om die Republikeine te help om die meerderhede in die Kongres vir die 2022-middeltermynverkiesings terug te wen. Hy het die naweek by ‘n verkiesingsveldtog in Ohio se Lorain County Fairgrounds die eerste keer sedert hy die Withuis verlaat het, ‘n toespraak gelewer. Trump het ‘n teenstander […]

Read More

SA-inperkings: ANC-regering se eie skuld - June 28, 2021

Reaksie word ontvang op die aankondiging van ‘n aangepaste vlak-vier inperking wat vir die volgende twee weke van toepassing in Suid-Afrika sal wees. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa het hom al weer gewend tot die geykte instrument van totale inperkings, wat probeer om ‘n illusie te skep dat hy kragdadig optree. Hy […]

Read More

Nuwe Covid-hulplyn op pad - June 28, 2021

In hierdie tye van nood tydens die Covid-pandemie moet die samelewing saamstaan vir ‘n gemeenskaplike doel. Dr. Fourie van den Berg, leraar van die NG Kerk Eros-gemeente in Windhoek, sê in hierdie moeilike tye het mense goeie raad en inligting nodig. Van den Berg en sy medewerkers in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie, is besig […]

Read More

Skoeiselwerkers in SA kry goeie loonooreenkoms - June 28, 2021

Die klere-en tekstielwerkersvakbond in Suid-Afrika, Sactwu, wat by Cosatu geaffilieer is, het ‘n loonverhoging van 6,5 persent vir sy lede in die skoeiselsektor verseker. Dit tree Donderdag in werking. Dit sal van Januarie volgende jaar af aangevul word met nog 0,25 persent op die huidige vlakke. Sactwu se algemene sekretaris Nadasen Govender sê die skeidingspakket […]

Read More

Ondersoek na ineenstorting binnekort van stapel gestuur in Florida - June 28, 2021

Die dodetal ná ‘n gebou in Miami ineengestort het, het tot nege gestyg, nadat nog vier liggame in die puin van die Champlain Towers South-woonstelblok in Florida opgespoor is. Meer as 150 mense is steeds vermis. Volgens internasionale media het ‘n ingenieursverslag van 2018 wat Saterdag bekend gemaak is, onthul daar was ‘n groot fout […]

Read More

Komitee sal heining by Angolese grens oprig - June 28, 2021

‘n Tegniese komitee met lede van beide Namibië en Angola is daargestel om ‘n lewendehawe-heining by die grens van die twee lande op te rig. Daar word verwag dat die ministerie van internasionale betrekkinge binnekort die lede se name bekend sal maak. Kwessies van boere van beide lande wat die grens oorsteek met hulle diere […]

Read More

Delta word vinnig dominante variant in buurland - June 28, 2021

President Cyril Ramaphosa sê die vinnige verspreiding van die Covid-19-Delta-variant is ‘n groot bron van kommer. Hy het aangekondig dat die land na ‘n aangepaste vlak-vier inperking beweeg weens die toename in die aantal Covid-19-gevalle. Die variant is in vyf provinsies opgespoor – die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Ramaphosa sê daar is […]

Read More

Covid-maatreëls – ons sal binnekort hoor - June 28, 2021

Met die huidige Covid-19-noodregulasies wat eerskomende Woensdag 30 Junie eindig word ‘n aankondiging van die regering oor Covid-19 binnekort verwag. Ben Nangombe uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie.

Read More