
So kan ons moontlik die uitdagings aanspreek – goewerneur - May 18, 2021
Die Goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre sê inwoners van die Hardap-streek het dieselfde uitdagings as inwoners van sy streek wat werkloosheid, dienselewering en informele nedersettings insluit. Maar, die uitdagings is regoor die land in al die streke. Kosmos 94.1 Nuus wou by Andre weet wat die moontlike oplossing is…
Job veg voort vir sy vleis - May 18, 2021
Bevestiging is ontvang dat die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda voortgaan met sy regstappe teen die Ministerie van Landbou nadat vleis wat hy Maandag in Omuthiya gekoop het by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer is. Vleis noord van die veterinêre kordonheining mag nie na die suide van die land gebring word nie, as gevolg van bek-en klouseer. […]
98% van Namibiërs maak staat op NBC - May 18, 2021
Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sê 98 persent van Namibiërs maak staat op die NBC vir toegang tot inligting. Dus moet die staking so vinnig as moontlik tot ‘n einde kom. Hy sê hy sal vanmiddag met die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila in gesprek tree in die verband.
Noa sê 5G-ondersoek duur steeds voort, Kandjiriomuini het gesterf - May 18, 2021
Die Teenkorrupsie Kommissie het bevestig dat die ondersoek na die sogenaamde 5G Huawei-skandaal voortduur. Dit volg na die nuus dat Reckliff Kandjiriomuini, die Hoof van die Kommunikasie en Tegnologie Departement by Stad Windhoek Maandag in ‘n hospitaal in die hoofstad oorlede is. Hy is in Augustus geskors by die munisipaliteit in verband met die skandaal […]
Alle pluimvee invoere van SA gestaak - May 18, 2021
Die Departement van Veeartsenydienste in die Namibiese Ministerie van Landbou het te kenne gegee dat daar ‘n totale verbod op invoere en transito-vervoer van voëls en pluimvee produkte vanaf Suid-Afrika is. Volgens die ministerie is daar vroeër ‘n verbod op invoere van die spesifieke gebied in die buurland geplaas toe voëlgriep die eerste keer op […]
Mariental-bouers moet aantree - May 18, 2021
Die Munisipaliteit van Mariental beplan om 56 Build Together-huise te bou en doen ‘n beroep op alle konstruksie maatskappye op die dorp om ‘n vergadering in die verband by te woon. Die Build Together-program staan lae-inkomste families by om huise te bekom. Linus Sinvula, van Mariental se Ekonomiese Ontwikkelingsdepartement sê plaaslike maatskappye moet bevorder word.
Bedrogspul in Kavango oopgevlek - May 18, 2021
Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek doen op die oomblik ondersoek na ‘n moontlike slenter wat bedrog in verband met die ongeskiktheidstoelaag insluit. Luidens die jongste berigte het ‘n verpleër, Danny Kouyani dokumente vir verskeie mense vervals om hulle op die lys van begunstidges vir ongeskiktheidstoelae te kry. Hy is na bewering ‘n fooi […]
NBC: dis die ou mense wat swaarste kry - May 18, 2021
Stakende werkers by die NBC het ‘n nuwe sosiale media platform, Justice for NBC Workers, geskep. Daar word gereeld video’s gedeel oor die staking en werkers gesels met lede van die publiek oor die jongste. Daar is reeds klagtes oor die tekort aan inligting veral in landelike gebiede, en pensioenarisse, soos die werknemer vanoggend verduidelik.
Bedrogspul in Kavango oopgevlek - May 18, 2021
Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek doen op die oomblik ondersoek na ‘n moontlike slenter wat bedrog in verband met die ongeskiktheidstoelaag insluit. Luidens die jongste berigte het ‘n verpleër, Danny Kouyani dokumente vir verskeie mense vervals om hulle op die lys van begunstidges vir ongeskiktheidstoelae te kry. Hy is na bewering ‘n fooi […]
Lionfish van Interpol het groot dwelmvonds in SA - May 18, 2021
‘n Internasionale operasie wat Interpol koördineer met die kodenaam Operasie Lionfish, het daartoe gelei dat daar beslag gelê is op byna 1 000 pakkies kokaïen in Suid-Afrika. Die operasie is daarop gemik om dwelmhandel in Afrika te bekamp. Die kokaïen is op ‘n vissersboot aan die Weskus gevind en 10 mense is in hegtenis geneem. […]