
Patrollies op buurland se grense sal verskerp - April 19, 2021
Die Suid-Afrikaanse Departement van Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Mpumalanga sê die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy patrollies by die grense met eSwatini en Mosambiek verskerp om die aantal mense wat die land onwettig binnekom, te beperk. Die Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê sedert die Paasvakansie het hulle 350 mense in hegtenis geneem wat […]
2021 toerisme syfers is swak, maar geen verrassing - April 19, 2021
Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het besoekersyfers vir die eerste kwartaal van die jaar bekend gemaak. Besetting is op net onder 20 persent gemeet teenoor 33 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 40 persent in 2019. Volgens Gitta Paetzold, Hoof Uitvoerende Beampte van die vereniging is bemarking nou kritiek…
Pfizer entstof minder effektief teen SA-variant - April 19, 2021
Nuusagentskappe berig dat die Suid-Afrikaanse variant van Covid deur die beskerming wat die Pfizer-entstof teen die virus bied, kan breek. ‘n Studie is in Israel uitgevoer op 400 pasiënte wat Covid opgedoen het na hulle ingeënt is met die Pfizer entstof. Intussen het Britse wetenskaplike die week ‘n nuwe proef van stapel gestuur waar pasiënte […]
Vermeende stroper wie se makker doodgetrap is, sal in hof verskyn - April 19, 2021
‘n Man van 52 sal vandag in die Bushbuckridge Landdroshof in Mpumalanga verskyn op klagte dat hy die Krugerwildtuin onwettig betree het. Hy was saam met ‘n groep vermeende stropers wat gevlug het toe veldwagters wat op ‘n roetine-patrollie was op hulle afgekom het. Hulle het binne ‘n groep olifante ingehardloop en een man is […]
Haihambo se afsterwe los leemte in onderwys - April 19, 2021
Die President van die Namibiese Nasionale Onderwysers Unie, Nantu, Thomas Haihambo is oorlede. Die Sekretaris-Generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers Job Muniaro sê hy was ‘n vakbondleier wat werklik omgegee het vir onderwys.
Noa sal in Mei aansoek doen om borg - April 19, 2021
Die borgverhoor van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal op 14 Mei in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Luidens die jongste berigte is daar nuwe verwikkelinge in die saak en die Staat het aangedui dat ‘n ondersoek eers voltooi moet word. Noa se regsverteenwoordigers stem saam. Indien […]
Jongste oor brand in die Kaap - April 19, 2021
Die verwoestende brand in Kaapstad woed steeds voort en Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se Korrespondent in die Kaap het die jongste…
Gesondheid kyk na naweek-inentings - April 19, 2021
Daar is klagtes deur lede van die publiek dat inenting teen Covid nie oor naweke plaasvind nie. Dit verhoed talle persone, wat nie in die week af kan kry nie, om hulle spuite te ontvang. Volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe, is dit ‘n belangrike kwessie wat aangespreek moet […]
Namibiese houtskool die ‘groenste’ ter wêreld - April 19, 2021
Reaksie word ontvang op die eerste besending houtskool na die VSA. Na ‘n ooreenkoms tussen die Amerikaanse ‘The Good Charcoal Company’ en Africa Burns Charcoal saam met King Charcoal, is 350 metrieke ton oor die naweek uitgevoer. Die vrag is meer as 2 miljoen Namibiese doller werd. Plaaslike houtskool is gesertifiseer as die ‘groenste’ houtskool […]
Oeps, salarisse te vroeg uitbetaal - April 19, 2021
Onderwysers en lede van die Namibiese polisie het vervroegde salarisbetalings ontvang toe die Ministerie van Finansies die betalings foutiewelik op 17 April, in plaas van die gebruiklike 20ste van elke maand, geprosesseer het. Tonateni Shidhudhu, Woordvoerder by die ministerie..