Russe tot Sondag stembus toe - September 17, 2021

Russiese burgers sal tot Sondag in die parlementêre verkiesing stem wat as ’n platform kan dien om woede oor die ekonomie en die regering se optrede teen andersdenkendes en sy hantering van die Covid-pandemie uit te lig. Die stemmery in die wêreld se grootste land, wat oor 11 tydsones strek, het vandag begin en sal […]

Read More

Kommerwekkende toename in tienerswangerskappe in Mpumalanga - September 17, 2021

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het tussen April 2020 en Augustus 2021 20 854 tienerswangerskappe in die provinsie se hospitale aangeteken. Meer as 14 400 van die meisies was tussen 15 en 19, terwyl 687 tussen 10 en 14 jaar oud was. Die uitvoerende hoof van die Themba-hospitaal net buite Mbombela, Thembi Matsinhe, sê […]

Read More

Namibiese boek oor slange in boekwinkels beskikbaar - September 17, 2021

‘n Namibiese boek oor slange, My first book of Namibian Snakes, is bekend gestel en in boekwinkels beskikbaar. Die outeurs is die bekende slangkenners, Francois Theart en dr. Christo Buys. In die boek word 46 slangspesies bespreek en daar is meer 250 foto’s. Die boek is nie net vir kinders nie, maar ook vir die […]

Read More

Uitvoerende direkteur in onderwysministerie reageer op beweerde heksery in skool - September 17, 2021

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie het gereageer op die Kunene-streek se onderwysdirektoraat wat gaan ondersoek instel nadat meer as 90 persent ouers hul kinders uit die Otjikondavirongo Primêre Skool naby Epupa gehaal het. Dit volg op bewerings van heksery en satanisme teen die koshuismatrone. Epupa se skoolinspekteur Josua Shikongo sal volgende week die skool […]

Read More

DA: Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag moet bekend gemaak word - September 17, 2021

Die Demokratiese Alliansie sê Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, vertraag geregtigheid vir kinders sonder noodsaaklike hulpbronne deur nie die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag bekend te maak nie. Lesufi het die verslag verlede maand ontvang, maar nog nie reageer op die DA se versoek om dit bekend te nie. Die party se woordvoerder, […]

Read More

Vrystaatse vrou verskyn op bedrogklag van meer as halfmiljoen rand - September 17, 2021

‘n Vroulike beskuldigde het in die landdroshof op Welkom in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog ter waarde van meer as 500 000 rand. Jeanette Jordan het in April 2017 vals tenderdokumente van die departement van gesondheid gebruik om geld by ‘n welgestelde persoon te leen en sy kon dit nie terugbetaal nie. Die […]

Read More

Mees kwesbares van Suid-Afrika moet eers ingeënt word - September 17, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla sê indien 50 persent van volwassenes teen die einde van Oktober ingeënt kan word, kan daar begin fokus word op die inenting van die land se kinders. Die minister sê dis belangrik om nou eers die mees kwesbare, veral mense ouer as 60, hul inenting te gee. Tans […]

Read More

Twee brande woed in Etosha Nasionale Park - September 17, 2021

Die Etosha-brande het nou die suidoostelike deel van die Etosha Nasionale Park oorgesteek en woed tans op plase oos van die park. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, is daar twee brande in die park. Een brand het glo van ‘n buurplaas aan die suidekant gekom en die ander een is deur ‘n […]

Read More

Denel betaal R4 miljoen aan Solidariteit - September 17, 2021

Denel het vier miljoen rand aan die vakbond Solidariteit oorbetaal om beslaglegging op sy bates te systap. Solidariteit het vandag bevestig dat Denel die geld betaal het om ’n gedeelte van vakbondlede se agterstallige salarisse te dek. Denel se werknemers is laas in April 2020 ten volle en betyds betaal. Die staat se wapentuigvervaardiger is […]

Read More

Afstammelinge van die volksmoord-slagoffers kom die naweek op Okahandja byeen - September 17, 2021

Afstammelinge van die Duitse volksmoord-slagoffers sal die naweek op Okahandja saamtrek om die Duitse-Namibiese ooreenkoms ongeldig en onwettig te verklaar. Verteenwoordigers van verskeie politieke partye soos die PDM, Nudo, IPC, RDP, Swanu en LPM, sal ook na verwagting aan die gesprekke deelneem. Geraakte gemeenskappe in diaspora, in onder meer Suid-Afrika, Botswana, die VSA en Duitsland, […]

Read More