As sentrale banke so geld kry, hoekom is kontant in presidensiële-paleis gehou? - August 18, 2021

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Taliban nie so vinnig sy hande op die 10 miljard Amerikaanse dollar sal lê soos hy beheer oor die land gevat het nie. Volgens berigte is daar 1,3 miljard Amerikaanse dollar se goud wat in New York geberg is en Unesco het ook die sogenaamde 20 600 Baktriese-skatte, wat uit […]

Read More

Repokoers: dit was verwag meen ekonoom - August 18, 2021

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Bank van Namibië dat die repokoers onveranderd op 3,75 persent bly en prima ook onveranderd is op 7,5 persent. Klaus Schade, ‘n Namibiese ekonoom…

Read More

Personeeltekorte sluit 40 Nando’s winkels - August 18, 2021

Die Suid-Afrikaanse kitskos-restaurant Nando’s moes inderhaas 40 van die winkels in Brittanje sluit, wat ongeveer 10 persent van sy besigheid in die Verenigde Koninkryk uitmaak, as gevolg van tekorte aan beskikbare personeel. Talle restaurante, kroeë en meer gaan gebuk onder dieselfde uitdagings na inperkings loopbaan veranderings aangehits het. Talle werkers het ook die land verlaat […]

Read More

Onluste, kuberaanval stoot lemoenpryse op - August 18, 2021

Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf, en verbruikers, is besig om die rimpeleffek van die opeenhoping by die Durbanse hawe te voel wat deur die onlangse geweld veroorsaak is. Die gebeure, gekoppel met die kuberaanval op Transnet kan in die prys van lemoene gesien word. Die prys het volgens berigte tot 3 Suid-Afrikaanse rand, en 8 sent per […]

Read More

ANC-regering moet belasting op brandstof ophef - August 18, 2021

Solidariteit in Suid-Afrika het hom vandag uitgespreek teen die hoë belastingkoers wat op brandstof in die buurland gehef word. Dit volg nadat die verbruikersprysindeks se syfers vandag vrygestel is en dit aangedui het dat brandstof en voedsel die items is waar die syfers die hoogste styging toon. Voedsel en brandstof is beide hoër as die […]

Read More

Afrika moet sy jeug ontwikkel - August 18, 2021

Teen 2030, slegs nege jaar van nou af, sal Afrika se jeugbevolking tussen die ouderdomme van 15 en 24 met 42 persent toeneem. Afrika se jeug moet geleenthede vir entrepreneurskap en werk kry wat die siklus van armoede moet breek, sê dr. Leake Hangala, uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Kommer oor Christene in Afghanistan - August 18, 2021

Verskeie organisasies regoor die wêreld het kommer oor moontlike aanvalle op Christene in Afghanistan na die ekstreme Islamitiese Taliban nou in beheer is. Release International beywer hom vir die veiligheid van Christene in die gebied en sê Christene in die land lewe in vrees. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Beukes die sekretaris-generaal van die […]

Read More

Oscar Pistorius ry die tronk se trekker - August 18, 2021

Oscar Pistorius het volgens berigte baie goed aangepas in die gevangenis en hy ry selfs trekker om die tuine van die Mamelodi-gevangenis se lande te ploeg. Dr. Pixie du Toit, die Suid-Afrikaanse forensiese kriminoloog, sê Pistorius se parool aan die einde van die jaar aangehoor kan word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Meatco sê dieregetalle is op koers - August 18, 2021

Bedrywighede by Meatco is steeds op koers en dieregetalle is redelik konstant. Die abattoir het vroeër groot uitdagings gehad met genoegsame getalle om veral uitvoerkwotas te kan haal. Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie beampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

LPM sê verskeie kwessies moet dringend aandag kry wanneer parlement hervat - August 18, 2021

Die Nasionale Vergadering hervat op 7 September sy sessies met talle wetsontwerpe wat uitstaande is as gevolg van al die inperkings wat deur die pandemie veroorsaak is. Die LPM se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is ook terug wanneer sessies hervat. Swartbooi sê daar is dringende kwessies, waaronder die volksmoord, en die huidige stand […]

Read More