Kaapstad moedig groentetuine in oop ruimtes aan - September 16, 2021

‘n Huiseienaar van Tshwane is in ‘n stryd met die munisipaliteit gewikkel om sy groentetuin op die sypaadjie te bou. Terselfdertyd het die burgemeesterskomiteelid vir stedelike ontwikkeling in Kaapstad, Grant Twigg, egter inwoners in die Stad Kaapstad aangemoedig om blomme en groentetuine in oop ruimtes aangrensend aan hul eiendomme te kweek, mits dit in ooreenstemming […]

Read More

Trekkers verkoop soos soetkoek in Suid-Afrika - September 16, 2021

Die Landbousakekamer merk steeds optimisme op wat Suid-Afrika se trekkerverkope betref. Onlangse data toon trekkerverkope het jaar-op-jaar met 56 persent gestyg en 724 eenhede is verkoop. Volgens die hoofekonoom, Wandile Sihlobo, was die 2020-21-tydperk ‘n uitstekende tyd vir landbou, aangesien kommoditeitspryse hoër was, en dit het boere se finansies en dus ook die trekkerverkope ‘n […]

Read More

Bewerings ontken dat Suid-Afrika inenting vir matrikulante verplig - September 16, 2021

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys het bewerings ontken dat hy inenting vir matriekleerlinge verpligtend gaan maak. Die departement sê leerders sal nie verplig wees om ingeënt te wees voor hul toegelaat word om eksamen te skryf nie. Woordvoerder, Elijah Mhlanga, verduidelik 18-jarige matrikulante is wel sterk aangemoedig om die entstof te ontvang, maar sal nie gedwing […]

Read More

Namibiese kabinet keur Nasionale Voedsel- en Voedingsraad goed - September 16, 2021

Die Namibiese kabinet het die vestiging van die Nasionale Voedsel- en Voedingsraad goedgekeur met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila as die voorsitter. Dié raad val onder die mandaat van die landbouministerie wat vir die implementering van die nasionale voedsel- en en voedingsekuriteitbeleid verantwoordelik is. Die Voeding- en Voedselsekuriteit Alliansie van Namibië is deur die kabinet as die tegniese vennoot bekragtig.  

Read More

In Zim? Geen kerk vir jou as jy nie geënt is nie! - September 16, 2021

In Zimbabwe, mag jy nie kerk toe gaan as jy nie ingeënt is nie. Dit vorm deel van ‘n rits maatreëls in inentings verpligtend maak vir onderwysers, handelaars in openbare markte, gimnasiumlede en studente wat eksamen moet skryf. Setfree Mafukidze van Health Factor in Zimbabwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Meld onwettige elektrisiteitsverbindings aan - September 16, 2021

Die Stad Windhoek het ‘n beroep op inwoners gedoen om onwettige elektrisiteitsverbindings aan te meld. Die misdaad neem in die hoofstad toe en wek kommer onder owerhede. Lydia Amutenya, woordvoerder by die Stad het ook inwoners gevra om beskadigde meters en ander infrastruktuur te rapporteer.

Read More

Informele boerdery dra baie by aan landelike ekonomie - September 16, 2021

In Suid-Afrika lui berigte dat die land se informele landbou-sektor nie deel vorm van die land se statistieke nie en tog, is die bydra baie groot. Daar word berig dat informele varkboere 890 000 diere besit wat tot 23 000 werksgeleenthede skep. Maar hoe belangrik is die sektor presies? Wallie Roux, ‘n plaaslike landbou-navorser het […]

Read More

Kanada sê dankie aan SA-brandbestryders - September 16, 2021

Suid-Afrika sal altyd ‘n spesiale plek in die harte van die inwoners van Manitoba hê en sal onthou word as ‘n internasionale vennoot. Dit is volgens Kanada se minister van die omgewing, Sarah Guillemard. Sy het gepraat tydens die vertrek van die 190 brandbestryders van Working on Fire in Mbombela wat vandag na Suid-Afrika sal […]

Read More

Libanese minister gesoek in verband met hawe-ontploffing - September 16, 2021

Libanese media berig dat ‘n regter ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van die voormalige Libanese minister van openbare werke, Youssef Finianos, uitgereik het. Die regter is genoodsaak om die stap te neem omdat Finianos nie opgedaag het om vrae te beantwoord oor die massiewe ontploffing by Beirut se hawe in Augustus 2020 nie. Finianos word […]

Read More

Dausab ruk Swartbooi aan die bek na uitlatings - September 16, 2021

Die kwessie van homoseksualiteit en sodomie het opgeduik in die Nasionale Vergadering. Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi het gesê dat Swapo-lede nie net kriminele rekords het nie, maar ook op die oomblik die land se wette breek. Die minister van justisie Yvonne Dausab het op Swartbooi se aanmerkings gereageer… Dausab het […]

Read More