
Namibiese damme gesamentlik 82,4% vol - July 19, 2021
Namibiese damme is gesamentlik tans 82,4 persent vol. Dit is twee persent minder as verlede week. Damme wat die sentrale streek van water voorsien, is altesaam 80,5 persent vol met die Von Bachdam wat op 64,1 persent staan. Gobabis se damme is slegs 36 persent vol, maar die Tilda Viljoendam staan op 73,1 persent. Die […]
Totale sterftes van SA oproer tans 215 - July 19, 2021
Nog drie sterftes is aangemeld wat verband hou met die oproer in KwaZulu-Natal en Gauteng. Dit bring die totale sterftesyfer op 215 te staan. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê albei provinsies is weer kalm en opruim-operasies gaan voort. Ministers in die ekonomiese groep werk saam met die sakesektor om geplunderde ondernemings […]
Aitsa Trust beloon Afrikaanse musikante - July 19, 2021
Afrikaanse musikante en kunstenaars het weer iets om na uit te sien in 2021. Die Aitsa Trust het bekend gemaak dat die toekenningsgeleentheid in ‘n aangepaste formaat vir 2020-2021 sal voortgaan, nadat verlede jaar weens inperkingsregulasies uitgestel moes word. Die uitvoerende voorsitter van die Pretoria FM direksie en trustee van die Aitsa Trust, Willie Spies, […]
Ineenstorting van openbare vervoer in Wes-Kaap plaas druk op taxi-bedryf - July 19, 2021
Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het die LUR van vervoer, Daylin Mitchell, en minister Fikile Mbalula geloof omdat hulle sedert Vrydag met rolspelers in die taxibedryf vergader het. Dit volg nadat geweld die sektor sedert die begin van die jaar teister. Daar was ‘n toename van 16 persent in taxigebruik wat saamval met ‘n […]
Wes-Kaap gaan sektor vir maatskaplike ontwikkeling inent - July 19, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê die Wes-Kaap is gereed om met Covid-inentings in die provinsie se sektor vir maatskaplike ontwikkeling te begin. Hierdie program sal deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid bestuur word, en begin eerskomende Donderdag. ‘n Woordvoerder, Joshua Chigome, sê hierdie sektor sal alle professionele persone in die maatskaplike […]
Nanso vrees eis van pandemie op studente - July 19, 2021
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, oftewel Nanso, se woordvoerder, Esther Shakela, sê sy is bevrees oor die tol wat die pandemie op studente gaan eis. Die studenteraad het ‘n siekundige ondersteuningseenheid, asook ‘n tolvrylyn wat ondersteuning aan studente bied.
Namibiese onderwysministerie bekommerd oor weeskinders weens Covid - July 19, 2021
Die Namibiese adjunk-onderwyserminister Faustina Caley is bekommerd oor die sielkundige uitwerking van talle leerders wat weens die Covid-sterftes van ouers weeskinders word. Sy sê talle van hierdie weeskinders gaan nie terugkom skool toe nie en ander gaan sielkundige berading nodig hê. Sy sê kinders gaan ook terugkeer skool toe en geskok wees oor die sterftes […]
Deurry-stasie vir Covid-inenting môre oop by Windhoekse skougronde - July 19, 2021
‘n Deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde begin môre en sal Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans oop wees. Mense kan ook net instap en sal in ‘n ander ry as mense wat in hul voertuie van die deurry-stasie wil gebruik maak. Dinsdag sal met Sinopharm-entstowwe afgeskop word en ander entstowwe […]
Namibiese toerisme-minister bekommerd oor sektor - July 19, 2021
Die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, sê die toerismesektor ly steeds onder die verwoestende impak van die Covid-pandemie en inperkings. Hy sê buitelandse toeriste kom kuier wel, maar dit is nie presies waar die toerismesektor hulself wil bevind nie. Shifeta verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Skerp styging in Covid-gevalle demp Britte - July 19, 2021
Die skerp styging in Covid-gevalle en waarskuwings van tekorte in supermarkte het ‘n demper geplaas op Britse eerste minister, Boris Johnson, se sogenaamde Vryheidsdag om ‘n jaar se inperking in Engeland te beëindig. Wette wat die dra van maskers in winkels en ander binnenshuise plekke, asook beperkte besoekers in kroeë en restaurante beëindig, is om […]