
Nege Covid-sterftes in sewe distrikte - August 20, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het nege Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 160 nuwe gevalle uit 1 874 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. In die groep is 38 leerders, vier elk onderwysers en gesondheidswerkers en twee studente. Daar is nou 2 707 aktiewe gevalle, waarvan 225 mense in hospitale en 45 in […]
Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel. - August 20, 2021
Die hooggeregshof in KwaZulu-Natal het die bedrog- en korrupsiesaak rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgestel. Die saak hou verband met bewerings van bedrog van 47-miljoen-rand teen die gewese provinsiale polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, ‘n polisie-kolonel, Navin Madhoe, die voormalige polisie-kaptein Aswin Narainpershad, en ‘n Durbanse sakepersoon, Toshan Panday. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê die saak […]
SA politieke partye gekant teen nuwe speaker van NV - August 20, 2021
Verskeie politieke partye in Suid-Afrika het nie gister die voormalige minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se inhuldiging as nuwe speaker van die Nasionale Vergadering gesteun nie. ActionSA sê President Cyril Ramaphosa se bevordering van haar tot speaker van die dien as ‘n beloning vir onbevoegdheid. Die party het in ‘n verklaring gereageer […]
Ongeluk tussen trein en vragmotor op Usakos - August 20, 2021
‘n Ongeluk het tussen ‘n vragmotor en trein op Usakos plaasgevind. Volgens berigte op die toneel het ‘n vragmotor in ‘n trein vasgery. Nooddienste is op die toneel. Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die ongeluk bevestig, maar kan nie veel inligting verskaf voor personeel op die toneel is nie. Sy sê TransNamib se […]
SA: Meer as 10 000 mense tussen April en Junie vanjaar verkrag - August 20, 2021
Meer as 10 000 mense is tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 4 201 gevalle of 72,4 persent teenoor die skewe vorige verslagtydperk verlede jaar toe die land onder streng inperking was. Uit ‘n steekproef van 5 439 verkragtingsake is onthul dat 3 766 by die slagoffer of die oortreder […]
Outa gekant teen nog kernkragsentrales - August 20, 2021
Die organisasie teen belastingmisbruik in Suid-Afrika, Outa, sê hy is uiters bekommerd omdat die Nasionale Energiereguleerder se elektrisiteit-subkomitee voorwaardelik goedkeuring verleen het aan die regering se voorstel dat Suid-Afrika nog kernkragsentrales moet bou. Outa glo nie die land kan dit bekostig nie. Die organisasie se parlementêre en energie-raadgewer, Liz McDaid, sê die besluit beklemtoon die […]
OVK versoek Konstitusionele Hof vir toesighoudende bevel van ses maande - August 20, 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die Konstitusionele Hof gevra om hom ‘n toesighoudende bevel van ses maande toe te staan en hom toe te laat om die hof maandeliks in te lig oor sy gereedheid vir die plaaslike regeringsverkiesing. Die hof het die OVK se aansoek aangehoor om die verkiesing uit te stel. Oud-adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke […]
Taliban stel glo swartlys op, vrees vir massa-teregstellings - August 20, 2021
‘n Verslag opgestel deur ‘n organisasie wat intelligensie aan die Verenigde Nasies voorsien, waarsku die Taliban is besig met deur-tot-deur-soektogte na mense wat vir Afghanistan se vorige regering of vir Navo-magte gewerk het. Die RHIPTO-Noorweegse Sentrum vir Globale Ontleding sê enigiemand op die Taliban se swartlys verkeer in ernstige gevaar en daar kan massa-teregstellings wees. […]
Man sterf in ongeluk nadat hy glo moord pleeg - August 20, 2021
Die 29-jarige Eric Izaaks het nadat hy glo die 42-jarige Martin Romans Pfaller op die plaas Gobosoab vermoor het, met sy bakkie weggery en in ‘n ongeluk gesterf. Izaaks het glo beheer oor die voertuig in die Schlip-distrik in die Hardap-streek gebeur. Volgens die Namibiese polisie het Izaaks glo vir Phaller met ‘n houtpaal doodgeslaan […]
Reaksie op rekord mielie-oes in SA - August 20, 2021
Namate die oes vir 2020-21 van somergrane en oliesade nader kom, verskuif die fokus toenemend na die produksieseisoen van 2021-22, wat in Oktober begin. Die voorlopige insigte dui daarop dat Suid -Afrika nog ‘n goeie seisoen kan beleef, hoewel reënval moontlik nie so volop is in die 2020-21 seisoen nie. Die drie kritieke aanwysers, trekkerverkope, […]