Mediese hulp vir SA Poskantoorwerkers opgeskort - September 21, 2021

Mediese hulp vir Poskantoorwerkers in Suid-Afrika kan opgeskort word terwyl die maatskappy weens reusagtige finansiële verliese sukkel om pensioen- en mediesefonds-bydraes vir werknemers te betaal. Die maatskappy verwag in die 2020/2021-boekjaar ‘n verlies van 2,5 miljard rand wat aan die Covid-pandemie toegeskryf word. Die Poskantoor skuld sy mediese skema 582 miljoen rand. Die Poskantoor se […]

Read More

Debmarine skenk ses ventilators ter waarde van N$2 miljoen - September 21, 2021

Debmarine het ses ventilators ter waarde van twee miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk in hul stryd teen die Covid-pandemie. Tydens die derde vlaag van die pandemie het die nood vir ventilators vir hospitaalpasiënte ontstaan en dit kan deur volwassenes en kinders gebruik word. Otto Shikongo, Debmarine Namibia se uitvoerende hoof, is aan […]

Read More

Sekere parlementslede van opposisiepartye toegang tot die parlement geweier - September 21, 2021

Verskeie opposisiepartye het vandag ‘n vreedsame optog teen die volksmoord-ooreenkoms in Onafhanklikheidsrylaan in die hoofstad tot by die parlement gehad. Toe die betogers by die parlement opdaag, is Joseph Kauandenge, Nudo se sekretaris-generaal en lid van die Nasionale Vergadering, asook McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement, toegang tot die parlement geweier, volgens Kauandenge. […]

Read More

La Palma deur talle klein aardbewings geskud - September 21, 2021

Talle klein aardbewings het die Spaanse eiland, La Palma, geskud terwyl lawa uit ‘n vulkaan na die see vloei waar dit wolke suur stoom kan veroorsaak. Internasionale media berig ‘n nuwe vulkaanmonding het ook vandag oopgegaan. Die oorspronklike uitbarsting het ná ‘n week van duisende klein aardbewings gevolg. Sowat 6 000 mense, insluitend toeriste, is […]

Read More

Kaapse vrou staan tereg op 50 aanklagte van wanbesteding van R9 miljoen - September 21, 2021

Die saak teen die Kapenaar, Sandra Robinson, wat teregstaan op 50 aanklagte wat verband hou met wanbesteding van nege miljoen rand en 20 klaers, sal volgende maand hervat word in die handelsmisdaadhof in Bellville. Sy het onskuldig gepleit op die aanklagte rakende oortredings wat tussen 2009 en 2015 gebeur het. Robinson het blykbaar aan voornemende […]

Read More

Advokaat van Nasionale Vervolgingsgesag Zuma is in staat om verhoor te word - September 21, 2021

Die advokaat van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma is wel in staat om verhoor te word. Wim Trengrove het vandag aan die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê hierdie mening is afgelei uit dokumente wat aan hulle verskaf is. Hy sê hulle het dagvaardigings uitgereik aan verskeie getuies om Zuma se mediese rekords […]

Read More

Netwerk vereer wyle Nico Tromp met toekenning - September 21, 2021

Netwerk het vandag ʼn kultuurtoekenning aan Denése Tromp oorhandig, vir wyle Nico Tromp van Nictus se bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië. Elizma Theron, Netwerk se bestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus oor Tromp se reuse-bydrae gepraat.

Read More

Negende SANW-lid vas oor oorgrens-smokkelary van voertuie - September 21, 2021

‘n Negende lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in hegtenis geneem in verband met die oorgrens-smokkelary van voertuie. Die ander is in Junie in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap vasgetrek. Dit volg na optrede deur die Valke, die nasionale intervensie-eenheid en weermaglede tydens die projek, Night Vigil. Die Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke, […]

Read More

Polisie in Timaru se ondersoek na beweerde SA gesinsmoord afgehandel - September 21, 2021

Die polisie in Timaru, Nieu-Seeland, het hul ondersoek afgehandel by die woning waar drie kinders van die Dickason-gesin van Suid-Afrika, Donderdag dood gevind is. Nieu-Seelandse media berig die pa, dr. Graham Dickason mag nou weer na die huis terugkeer en ‘n familielid het vandag in Timaru aangekom. Die sesjarige Liane en die tweejarige tweeling Karla […]

Read More

Dooiepunt in onderhandelinge tussen Numsa en werkgewers in ingenieurswese - September 21, 2021

Daar is steeds ‘n dooiepunt in die gesprekke tussen die National Union of Metalworkers of South Africa, Numsa, en werkgewers in ingenieurswese. Numsa eis ‘n salarisverhoging van agt-persent, maar werkgewers bied slegs 4,4 persent aan. Die vakbond het ‘n kennisgewing uitgereik waarin gesê is lede sal nou landswyd staak. Die woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê lede […]

Read More