Plaaslike owerhede sukkel om finansiële verslae op te stel - September 17, 2021

Weens ‘n gebrek aan kapasiteit by plaaslike owerhede, is hulle is steeds afhanklik van konsultante om hul finansiële verslae op te stel. Kommer in hierdie verband is deur die ouditeur-generaal Junias Kandjeke uitgespreek oor finansiële verslae wat nie deur plaaslike owerhede en streeksrade ingehandig word nie. Kandjeke het gesê min vordering is oor die afgelope finansiële jare gemaak. Hy het voorgestel dat die lynministerie opleiding aan personeel […]

Read More

Forum van Duitssprekende Namibiërs wil gaping van ongelykheid in Namibië verklein - September 17, 2021

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs het aangebied om minderbevoorregte Namibiërs en die regering te help om die gaping van ongelykheid in Namibië te verklein. Dit is deur die forumvoorsitter, Harald Hecht, gesê toe lede van die groep vandag met President Hage Geingob en kabinetsministers by Staatshuis vergader het. Hecht het gesê Duitssprekende Namibiërs is afwesig […]

Read More

SA metaalwerkersvakbond betoog môre - September 17, 2021

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, hou môre ‘n plakkaatbetoging in Bloemfontein nadat die bedingingsraad vir metaal- en ingenieursbedrywe verklaar het salarisse sal nie aangepas word nie. ‘n Dooiepunt is bereik tussen Numsa en hul werkgewers in die ingenieurswese nadat hulle ‘n verhoging van agt persent geëis het. Werkgewersverenigings stel ‘n verhoging van net meer as vier persent […]

Read More

Meer as 400 000 ID’s in SA nog nie afgehaal - September 17, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê daar is tans meer as 400 000 identiteitsdokumente by die departement se kantore in die land. Hy doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om dringend die kantore te besoek en dit te gaan haal. Motsoaledi het die departement se gereedheid om dienste te bied tydens die kiesersregistrasieproses […]

Read More

Veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp voor saamtrek - September 17, 2021

Amerika se sekuriteitsadministrasie vir vervoer het die veiligheid by lughawens naby Washington DC verskerp. Hulle berei voor vir ‘n beplande saamtrek môre ter ondersteuning van mense wat aangekla word dat hulle in Januarie die Kongresgebou geplunder het. Die pro-Trump Look Ahead America-groep voer aan die sowat 600 beskuldigdes word weens hulle politieke siening swak behandel. 

Read More

Vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld - September 17, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangemeld, asook 91 nuwe gevalle uit 2 519 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 3,6 persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders van verskillende skole, vier onderwysers, twee studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is nou 1 283 aktiewe gevalle, waarvan 109 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede.  

Read More

Veediefstal van byna kwartmiljoen in die Vrystaat - September 17, 2021

Drie verdagtes tussen 33 en 35 jaar is vasgetrek in verband met veediefstal van 220 000 rand in die Vrystaat. Die polisie-misdaadintelligensie het ‘n wenk ontvang oor veediefstal wat op ‘n plaas naby Wesselsbron in die Vrystaat beplan word. ‘n Span bestaande uit lede van die Odendaalsrus-veediefstaleenheid en die Eenheid vir Bedreigde Spesies het die […]

Read More

Is Frankryk ‘n politieke vennoot van Suider-Afrika? - September 17, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar samesprekings met die Franse President Emmanuel Macron gehad oor die situasie in Mosambiek. Macron het voorgestel dat Frankryk bereid is om aan die maritieme operasies deel te neem, maar andersins dit aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander streeksmoondhede oor te laat. Met hierdie soort bereidwilligheid om deur Frankryk […]

Read More

Groen ekonomie bied aansienlike werksgeleenthede - September 17, 2021

Die groen ekonomie bied aansienlike beleggings- en werkskeppingsgeleenthede. Dit is volgens Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos. Hy het onlangs verskeie groen vervaardigings-ondernemings besoek om te bepaal hoe die provinsie se verskuiwing na volhoubare groen energie verloop. Vos sê oplossings vir hernubare energie is die sleutel tot volhoubare ekonomiese groei.

Read More

SA ma staan tereg op moord op haar drie dogters in Nieu-Seeland - September 17, 2021

Drie Suid-Afrikaanse sussies wat ‘n paar weke gelede saam met hulle gesin na Nieu-Seeland emigreer het, is dood aangetref in hulle nuwe huis. Die media in die land berig die sesjarige Liane en tweejarige tweeling, Maya en Karla, se pa Graham Dickason het hulle gisteraand by hulle huis in Timaru aangetref. Volgens berigte is die meisies se ma weens […]

Read More