
Verdagte in Noord-Kaap vas met dagga van N$700 000 - August 3, 2021
‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met dagga ter waarde van 700 000 Namibiese dollar in die Noord-Kaap. Die polisie het inligting opgevolg oor ‘n 44-jarige verdagte wat dagga in die Kagisho-gebied by Galeshewe verkoop. Hulle het op die niksvermoedende manlike verdagte se huis in Kagisho toegeslaan. Die polisie se woordvoerder, Sergio Kock, […]
‘Namibië oes gewoonlik 150 000 ton mielies per jaar’ - August 3, 2021
Met Namibië wat goeie reën tydens die reënseisoen ontvang het, word goeie oeste verwag. Kan Namibiese boere hul oeste, veral witmielies, na buurlande of ander belangstellende lande uitvoer? Namib Mills se uitvoerende hoof, Ian Collard sê Namibië se mielieoes is gewoonlik 150 000 ton, maar verskil van jaar tot jaar volgens die reënseisoen. Collard verduidelik […]
Pres. Hage Geingob wen Olimpiese naellopers geluk - August 3, 2021
Namibiese President Hage Geingob het vandag ‘n vrolike 80ste verjaardag gehad. Hy het die twee Namibiese atlete en hul afrigter Henk Botha geluk gewens met hul prestasies in die 200 meter finaal by die Tokio Olimpiese Spele. Christine Mboma het ‘n silwer medalje gewen in ‘n tyd van 21,81 sekondes. Beatrice Masilingi het sesde gekom […]
Dodetal van oorstromings in China styg tot 302 - August 3, 2021
Die dodetal in oorstromings in die suide van China het tot minstens 302 gestyg, en 50 mense word nog vermis nadat swaar reënval die provinsie Henan twee weke lank geteister het. Die provinsiale hoofstad, Zhengzhou, met sy 12-miljoen inwoners is die swaarste getref, met 292 sterfgevalle. Nege-en-dertig mense het verdrink in ondergrondse ruimtes soos kelders […]
ISAP se vliegtuig spoor vermiste mans in Ugabrivier op - August 3, 2021
Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, het hul vliegtuig, Protector, suksesvol ingespan om ‘n lugsoektog van stapel te stuur na die twee vermiste mans, Kai Jacobie and Marco Zahradnicky, op te spoor. Volgens Fritz Kaufmann van ISAP, is die twee Namibiërs ongedeerd in die Ugabrivier gevind waar hul bakkie onklaar geraak het. Kaufmann sê hulle […]
Tshwane wil onroerende eiendom vir ontwikkeling gebruik - August 3, 2021
Die Stad Tshwane het begin met ‘n proses om die raad se onroerende eiendom ten beste te gebruik om volhoubare ontwikkeling teweeg te bring en belegging in die stad te onsluit. Die bates sluit stukke grond in, asook geboue wat ontruim is. Dit was die afgelope ruk grootliks onproduktief, maar die stad sê hy werk […]
Namibië voer baie aartappels in - August 3, 2021
Volgens die Namibië Handelstatistiekbulletin vir Junie van die Namibië Statistieke-agentskap het Namibië 21,3 miljoen Namibiese dollar se akkerbou-produkte, 23,3 persent minder as in Mei, ingevoer. Dit word toegeskryf aan die invoerbeperkings van die Namibië Akkerbouraad. Aartappels behels 41,1 persent van die totale invoere, gevolg deur knoffel en gevriesde groente wat 99,9 persent uit Suid-Afrika ingevoer […]
‘Boko Haram-bende’ in Gauteng moet gestop word - August 3, 2021
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng doen ‘n beroep dat meer inhegtenisnemings plaasvind om die sogenaamde “Boko Haram”-bende te stuit en onskuldige inwoners in Tshwane se lewensbestaan en sakeondernemings te beskerm. Die bende kaap toenemend die kontrakte van gemeenskapsprojekte en pers ontwikkelaars en bouers af vir geld. DA-woordvoerder Michael Shackleton sê die feit dat hierdie bende […]
ISAP span vliegtuig in vir soekveldtog na twee Namibiërs - August 3, 2021
Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, het hul vliegtuig, Protector, ingespan om ‘n lugsoektog van stapel te stuur na die twee vermiste mans, Kai Jacobie and Marco Zahradnicky, in die Brandberg-gebied. Die twee Namibiërs word in die omgewing van Brandberg, die Ugab-rivier, die Messum-krater en Myl 108 vermis. Hulle het oor die naweek in die […]
Elf wildmisdaadverdagtes in Namibië vas - August 3, 2021
Elf verdagtes is verlede week in verband met wildmisdaad in Namibië in hegtenis geneem en ses sake is geregistreer. Beslag is op twee elk olifanttande en ietermagô- en luislangvelle gelê, asook op een elk stuk olifanttand, wildebeeskarkas en jaggeweer. ‘n Namibiese man wat van renosterstropery aangekla is, Kanana Sebron Liyeekeni, het in die Outjo-landdroshof verskyn.