
Mense met gestremdhede het groter uitdagings tydens pandemie - September 7, 2021
Die Covid-pandemie het ‘n groot impak op almal, maar des te meer op mense met gestremdhede. Dit is moeilik vir mense in rolstoele of blindes om vir Covid-inentings te gaan, want hulle is afhanklik van die hulp van ander mense. Volgens die nasionale voorsitter van die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede, Daniel Trum, is […]
Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge deel mening van AU oor Guinee - September 7, 2021
Afrika-leiers het gereageer nadat spesiale magte in Guinee die regering van President Alpha Condé omvergewerp het. Félix Tshisekedi, die president van die Afrika-unie, en Moussa Faki Mahamat, president van die Kommissie van die AU, eis dat Condé onmiddellik vrygelaat word. Hulle het ‘n noodvergadering van die Afrika-unie belê om die situasie te bespreek. Penda Naanda, […]
‘Vroulike entrepreneurs dra grootlike by tot werkskepping in SA’ - September 7, 2021
Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê vroulike entrepreneurs dra grootliks by tot werkskepping in Suid-Afrika. Hy sê tot 90 persent vroue wat sakeondernemings besit, het in ‘n onlangse opname aangedui dat werkskepping vir hulle ‘n belangrike faktor is. Vos sê deur die ondersteuning van ‘n aanlyn sakeprojek van tien weke […]
Wes-Kaapse meisies teen servikale kanker ingeënt - September 7, 2021
Gekwalifiseerde verpleegkundiges aan die Wes-Kaapse departement van gesondheid besoek tans openbare skole. Hulle het gister met die besoeke begin en sal tot 29 Oktober voortgaan om graad 5-meisies met die menslike papilloomvirus-entstof in te ent. ‘n Woordvoerder, Byron la Hoe, sê die departement is steeds daartoe verbind om meisies teen servikale kanker te beskerm, wat […]
Landless People’s Movement hoop mosie van wantroue teen speaker van NV ingestel - September 7, 2021
Die Namibiese parlement se vierde sessie het uiteindelike vanmiddag weer begin ná ‘n lang reses weens die Covid-pandemie. Die Landless People’s Movement se lid van die Nasionale Vergadering, Henny Seibeb, het gesê hulle sien uit daarna om meer mosies in die parlement ter tafel te lê, na hy en sy leier, Bernadus Swartbooi, vir ‘n […]
Veiligheidsmagte in Egipte stel mense glo onwettig tereg - September 7, 2021
Veiligheidsmagte in Egipte word beskuldig dat hulle gereeld mense onwettig teregstel en die skuld dan op skietvoorvalle met rebelle pak. Volgens Human Rights Watch het die owerhede oor ‘n tydperk van vyf jaar meer as 750 sulke sterftes aangemeld. Internasionale media berig die groep het 14 sterftes deeglik ondersoek en bevind die slagoffers was volgens familielede in aanhouding […]
Kommer oor wildtelling van 2021 in Noordweste - September 7, 2021
Nacso, die sambreelorganisasie vir Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne-bestuur, het sy wildtelling in die noordweste van Namibië vir 2021 gedoen. Kommer is uitgespreek oor die skerp afname in sekere wildspesies, veral gemsbokke en koedoes. Van al die wildsterftes in die bewaringsgebiede, verteenwoordig gemsbokke nege persent en koedoes 14 persent. Nacso beveel aan ondersoek moet ingestel word vir die moontlike impak van onwettige stropery.
Verskeie tradisionele owerhede verwerp Duitsland se vergoeding van volksmoord - September 7, 2021
Verskeie tradisionele owerhede het aangedui dat die huidige ooreenkoms van 18 miljard Namibiese dollar vergoeding vir slagoffers en afstammelinge van Ovaherero en Nama volksmoord van 1904-1908 deur Duitse koloniale magte, in die Nasionale Vergadering verwerp moet word. Volgens die tradisionele owerhede moet hele Namibiese nasie voordeel uit projekte trek, en nie slegs die Ovaherero en Nama nie.
Betogers gooi Kanada se eerste minister met gruisklippe - September 7, 2021
Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, is getref toe betogers gruisklippe na sy geselskap geslinger het tydens ‘n veldtog in Londen, Ontario. Hy is nie beseer nie en vergelyk dit met ‘n voorval in 2016 toe ‘n vrou hom met pampoenpitte bestook het. Trudeau voer sy veldtog in aanloop tot volgende maand se verkiesing waar […]
Wêreld-epidemiologiedag vandag herdenk - September 7, 2021
Ter ere van die wêreld se epidemioloë het die Training Programmes in Epidemiology and Public Health Interventions Network vandag as Wêreld-epidemiologiedag verklaar. Dit is die eerste van sy soort en daarop gemik om erkenning te gee aan en mense bewus te maak van die sogenaamde siekte-speurders. Om die dag te vier, gaan die Suid-Afrikaanse Nasionale […]