Daar waai Robert E. Lee - September 9, 2021

‘n Standbeeld van die Amerikaanse konfederale bevelvoerder, Robert E. Lee, is van sy voetstuk verwyder in Richmond, Virginië. Dit volg ná ‘n jaar lange regstryd oor ‘n monument wat die fokus was van betogings oor rasse-ongeregtigheid. Die standbeeld is in 1890 opgerig in Richmond wat die hoofstad was van die Konfederasie, ‘n groep ten gunste […]

Read More

MIV: 12 Afrikalande neem af, Zambië neem toe - September 9, 2021

Die Globale Fonds het sy jaarverslag vir 2021 gepubliseer. Die fonds werk met MIV, tuberkulose en meer, regoor die wêreld. Volgens die fonds het nuwe MIV-infeksies, veral in die 15 tot 24 ouderdomsgroep in 13 Afrikalande, wat Namibië insluit, in die afgelope tien jaar, tussen 2010 en 2020 gedaal. In Namibië het nuwe gevalle van […]

Read More

Eie raffinadery? Geen impak op brandstofprys nie - September 9, 2021

Daar word berig dat die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê dat al sou Namibië plaaslik ‘n raffinadery oprig, dit nie noodwendig goedkoper brandstof vir die land sal beteken nie. Kosmos 94.1 Nuus het vir Harold Schmidt van die Namibiese Olieindustrie-vereniging gevra hoekom dit so is. Hy sê internasionale pryse geld altyd.

Read More

Geslagsgeweld in Paarl – Action Society hou hofsaak fyn dop - September 9, 2021

Action Society in Suid-Afrika het sy regspan opdrag gegee om toesig te hou oor die saak van die 27-jarige Siphokazi Booi wat verlede week wreed vermoor is in Mbekweni in die Paarl. Ian Cameron van Action Society sê die beskuldigde was uit op borgtog vir aanranding nadat die Siphokazi verlede maand só erg aangerand is […]

Read More

BRICS-beraad vandag - September 9, 2021

President Cyril Ramaphosa sal vandag die Suid-Afrikaanse afvaardiging se virtuele deelname aan die 13de BRICS-beraad lei. BRICS is ‘n groep van vyf groot ontluikende ekonomië – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die presidensie sê Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS stel die land in staat om bykomende en meer kragtige hulpmiddels in te span in […]

Read More

Veldbrande: ministerie haal ook die brandbaan-teikens nie - September 9, 2021

Die Namibiese omgewingsministerie het in 2020 meer as 950 kilometer se brandbane geskraap en onderhou. Die minister, Pohamba Shifeta, sê sy spanne het die jaar gepoog om 2 117 kilometer se bane se skraap en te onderhou maar die teiken is nie behaal nie. Pohamba het gepraat oor die huidige brandseisoen waar meer as 580 […]

Read More

TV-reeks in SA se parke geskied - September 9, 2021

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het aangekondig hy gaan volgende maand ‘n werklikheids-televisie-reeks van 13-weke van stapel stuur. ‘n Woordvoerder, Rey Thakhuli, sê die reeks, Away for Repair, sal die aangrypende verhale van gewone mense vertel wat tyd weg van hulle gewone lewens gaan spandeer om gebroke bande te herstel. Die akteur Rami Vhuene en die lewensafrigter […]

Read More

Namibiese grondbeleid maak nie voorsiening vir gemeenskappe nie - September 9, 2021

Toegang tot grond en grondhervorming is ‘n brandpunt in die Namibiese politiek. Volgens Henny Seibeb van die Landless People’s Movement, diskrimineer die huidige grondbestuurstelsel in Namibië teen gemeenskapsbesit en gemeenskapsbestuur, en ingrypings om veilige verblyfreg te verseker, is dus dringend vir die debat oor die grondhervormingsproses. Simon Amunime van die Affirmative Repositioning-beweging sê hy stem […]

Read More

Katar het gehelp … met ‘n plan - September 9, 2021

Met die oorname van Afghanistan deur die Taliban het Katar ingetree en as tussenganger opgetree tussen die sogenaamde Weste en Kabul. Vlugtelinge is ook na die land uitgevlieg en talle diplomate was Westerse lande het die afgelope tyd na Katar gereis om die kwessies in Afghanistan te bespreek. Daar is sommige analiste wat meen dit […]

Read More

Ons betaal N$2m vir SA-stadions vir Brave Warriors - September 9, 2021

Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero sê die land sal amper 2 miljoen Namibiese dollar betaal vir die Brave Warriors om sy tuiswedstryde by Suid-Afrikaanse stadions, in aanloop tot die Wêreldbeker, te speel. Die span is genoodsaak om in Suid-Afrika te speel na onderhoud by die Sam Nujoma Stadion in die hoofstad ontbreek het en beide […]

Read More