Minister sê gyselaarsdrama in Pretoria is onaanvaarbaar - October 15, 2021

Die minister in die buurland se Presidensie, Mondli Gungubele, sê gisteraand se gyselaarsdrama by ‘n hotel in Irene, Pretoria, waarby militêre veterane betrokke was, is onaanvaarbaar. ‘n Groep ontevrede veterane het Gungubele, die minister van Verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, ná ‘n vergadering gyselaar gehou. Gungubele het die jongste inligting bekend gemaak […]

Read More

Stad Kaapstad voltooi projek vir pendelaars - October 15, 2021

Stad Kaapstad se vervoerdirektoraat het die opknapping van die Dunoon-openbarevervoer-wisselaar voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Rob Quintas, sê bouwerk aan die eerste fase van die wisselaar op die hoek van Potsdam- en Dumani-weg het in 2019 begin. Hierdie splinternuwe fasiliteit spog met ‘n nuwe veelverdiepinggebou, ‘n onderdak-gebied waar pendelaars kan wag en openbare ruimtes. Quintas […]

Read More

Verdagte aangekla van ontvoering van 50 buitelanders - October 15, 2021

‘n Verdagte is in Zachariapark naby Lenasia in Johannesburg vasgetrek en aangekla van die ontvoering van 50 buitelandse burgers. Die polisie het inligting ontvang en op ‘n huis toegeslaan waar die buitelanders van tussen 12 en 50 jaar oud gered is. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die slagoffers is vermoedelik na Suid-Afrika gebring om herenig […]

Read More

Nanso bekommerd oor Nust-studente wat uit koshuise gesit is - October 15, 2021

Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso, is bekommerd oor die uitsettings van tegniese en beroepsleiding studente uit die koshuise en akkommodasiegeriewe van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Ester Shakela, die nasionale woordvoerder van Nanso, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die studente het by hulle kom kla en Nanso soek na oplossings om die […]

Read More

Eerste vroulike Chinese ruimtevaarder vertrek na ruimtestasie - October 15, 2021

Die eerste vroulike ruimtevaarder vertrek môre na China se nuwe ruimtestasie wanneer die ruimtetuig Shenzhou-13 vanuit die Gobi-woestyn in die noordweste van die land opstyg. Die 41-jarige Wang Yaping sal na verwagting ook die eerste Chinese vrou wees om op ‘n ruimtewandeling te gaan by die Heavenly Palace, soos die stasie genoem word. Wang is deel van ‘n span […]

Read More

Vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld - October 15, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 25 nuwe gevalle van 1 123 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,2 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders, twee studente en een onderwyser en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 869 aktiewe gevalle, waarvan 49 in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. […]

Read More

Banksy se skildery behaal N$374 miljoen op veiling - October 15, 2021

Die skildery, Love is in the Bin, het die kunstenaar Banksy se topverkoper geword toe dit byna 374 miljoen Namibiese dollar op ‘n Sotheby’s-veiling in Londen gehaal het. Die skildery, wat voorheen Girl with the Balloon genoem is, is drie jaar gelede gedeeltelik vernietig op ‘n veiling en het ‘n hoë waarde van bykans 122 miljoen Namibiese dollar gehad. Die verkoper se identiteit is onbekend, maar […]

Read More

Lugmagvlieënier beseer in vliegtuigongeluk by Ondangwa - October 15, 2021

‘n F7-vegvliegtuig van die Namibiese lugmag was by die Ondangwa-lughawe in ‘n ongeluk betrokke toe die landingsvalskerm wat die spoed tydens landing moet breek, nie oopgegaan het nie. Volgens kaptein Oskar Plichta, die vliegtuigongeluk-ondersoekbeampte in die ministerie van werke en vervoer, het die vliegtuig aan die anderkant van die aanloopbaan afgegaan en teen die sekuriteitsheining gebots. Die vlieënier, die enigste insittende, is beseer. 

Read More

Namibië oorweeg nie versterkingsinentings nie - October 15, 2021

Versterkingsinentings word nog nie in Namibië oorweeg nie. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê nie net poog hulle om meer Namibiërs in te ent nie, ‘n studie is nodig oor weerstand.

Read More

Boeing-bedrog wek kommer oor vertroue in Amerikaanse lugvaart - October 15, 2021

Die hoof tegniese loods van Boeing, Mark Forkner, is in Texas aangekla vir bedrog. Daar word beweer dat Forkner die stelsels van die Boeing 737 MAX van die lugvaart owerhede versteek het. Die sogenaamde MCAS-stelsel het veroorsaak dat wanneer die vliegtuig se neus te skerp gelig is, die vliegtuig af gedruk word, wat die twee […]

Read More