Twee veranderings in Skotland se opdrafspan teen FrankrykMarch 13, 2025

Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het twee veranderings aan sy opdrafspan aangebring vir Saterdag se laaste Sesnasieswedstryd teen Frankryk in Parys. Jonny Gray skuif na die bank om op slot plek te maak vir Gregor Brown, en Matt Fagerson vervang die beseerde Jack Dempsey in die nommer agt-trui. Fagerson se broer, Zander, is ‘n stut in die beginspan. Skotland het twee van sy vorige vier wedstryde verloor en is vierde op die punteleer na Frankryk, Engeland en die verdedigende kampioen, Ierland.