
Transgender vrou kry N$50 000 in skadevergoeding - November 12, 2021
Regter Esi Schimming-Chase het 50 000 Namibiese dollar in skadevergoeding aan die transgender vrou, Mercedez von Cloete in die hoërhof toegestaan. Von Cloete het byna vier jaar gelede ‘n klag van aanranding teen ‘n Namibiese polisiekonstabel aanhangig gemaak. Sy het 200 000 dollar gevra. Die beslissing word as ‘n oorwinning vir die regte van die […]
Furaha sê dankie aan die wat gehelp het om toeris te soek - November 12, 2021
Delphin Ilunga van Furaha Tours and Safaris het alle rolspelers bedank vir hulle bydrae in die soektog na die vermiste Franse toeris Nicolas Remondiere. Hy is vanoggend dood aangetref nadat hy gisteroggend omstreeks 11-uur vermis geraak by die Dooievlei, by Sossusvlei.
Franse toeris steeds vermis - November 12, 2021
Die Franse toeris wat ongeveer 11-uur gister vermis geraak het by die Dooievlei is steeds soek. Nicolas Remondiere was op ‘n uitstappie in die Sossusvlei gebied maar is nie weer gesien nie. Delphin Ilunga van Furhaa Tours and Safaris het meer besonderhede…
SA-navorser maak belangrike data bymekaar - November 12, 2021
‘n Internasionale span onder leiding van ‘n jong Suid-Afrikaanse navorser, Kenda Knowles, het pas saamgestelde data uitgereik wat sterrekundiges wêreldwyd kan gebruik om om antwoorde te vind om tergende kwessies oor onder meer die die vorming van sterrestelsels regdeur die heelal. Knowles het die data verkry met behulp van die Suid-Afrikaanse Radio-Astronomiese-Sterrewag se MeerKAT-teleskoop, geleë […]
Sakkari haal WTS-eindtoernooi - November 12, 2021
Die Tsjeggiese speler Karolina Pliskova kom vandag teen Anet Kontaveit van Estland te staan in die enkelspel van die WTA -eindtoernooi in Guadalajara, Mexiko. Pliskova is tans die vierde beste in die wêreld en Kontaveit agtste. Maria Sakkari het Iga Swiatek van Pole gisteraand in net 86 minute met 6-2, 6-4 afgeransel. Sakkari het vroeër […]
NamWater spreek wateronderbrekings in die Noorde aan - November 12, 2021
NamWater sê die watervoorsiening uitdagings in die Noorde is aangespreek. Volgens die maatskappy is die redes vir die verskeie onderbrekings in die Oshana-, Oshikoto- en Ohangwena-streke as gevolg van verouderde infrastruktuur, die kapasiteit van die reinigingsfasiliteite, vandalisme en kragonderbrekings. NamWater sê die vraag na water in die Noorde oorskry sy kapasiteit vir voorsiening en verskeie […]
Besparingskenner verwelkom Enoch se begroting - November 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse rand, effekte en die Johannesburgse aandelebeurs het verstewig, terwyl ontleders die regering se onderneming verwelkom het om besteding te verminder. Die segmentoplossingsbestuurder by Sanlam Savings, Farzana Botha, sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in die mini-begroting ‘n bestedingsplan vir die staat bekend gemaak wat dit in lyn sal hou met die […]
LGBTQ ondersteun Mercedez by hoërhof - November 12, 2021
Groep ondersteuners sal in solidariteit van ‘n transgender vrou, Mercedez von Cloete vanoggend by die Windhoek hoërhof opdaag. Dit volg nadat sy byna vier jaar gelede ‘n klag van aanranding teen ‘n Namibiese polisiekonstabel aanhangig gemaak het. Na aanhoor van slotbetoë oor die skadevergoedingseis van 200 000 Namibiese dollar wat Von Cloete vroeg in 2018 […]
Rosatom kom Maandag op Leonardville aan - November 12, 2021
Reaksie word ontvang op die opskorting van die eksplorasiepermitte van Headspring Investments by die Stampriet-bekken. Svetlana Bauer van Headspring sê senior personeel van Rosatom sal Maandag op Leonardville wees om die pad vorentoe te bepaal.
Vrystaatse boere opgelei teen misdaad - November 12, 2021
Vrystaat Landbou sê die land se boerderygemeenskappe kry swaar omdat misdadigers boere, werkers en eienaars van kleinhoewes teiken. Mense word aangeval en selfs vermoor waar dié gemeenskappe nie paraat is nie. Die organisasie het met ‘n veldtog begin om 5 000 gesinne op plase op te lei om hulself te beveilig. ’n Woordvoerder sê die […]