Eskom moet nog miljarde rand se skuld afbetaal - November 10, 2021

Die Ouditeur-Generaal en Eskom se eksterne ouditeure sê die kragvoorsiener het steeds miljarde rand se skuld wat afbetaal moet word. Die ouditeursfirma Sizwa Ntsaluba Gobodo Grant Thornton het die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, ingelig oor die 2020/21-oudituitkomste. Die firma sê Eskom kan dalk sy tariewe verhoog aangesien hy 152 miljard rand […]

Read More

Malaria-gevalle neem toe in Limpopo - November 10, 2021

Limpopo se LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het inwoners gevra om pro-aktief te wees met die voorkoming van malaria aangesien die provinsie ‘n toename in gevalle ondervind. Twee sterftes en 406 gevalle is sedert die begin van die malaria-seisoen aangemeld. Ramathuba sê die departement bly bekommerd al is die syfers laer as ‘n jaar gelede. […]

Read More

#JusticeForAnimals-veldtog bevorder dierewelsynswetgewing - November 10, 2021

Die N/a’an ku sê-stigting het met ‘n dierewelsynsveldtog, #JusticeForAnimals, begin. Volgens medestigter, dr. Rudie van Vuuren, is Namibië se dierewelsynswet al ouer as 60 jaar. Hy sê die bestaande wette is vaag, verouderd en onbevoeg om die welsyn van troetel-, plaas en wilde diere te verseker. Hy doen ‘n beroep op die regering om noodsaaklike […]

Read More

Speaker van NV verdaag parlement weens Shixwameni se afsterwe - November 10, 2021

Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi het sopas die parlement verdaag weens die afsterwe van Alex Shixwameni, die leier van die All Peole’s Party. Hy het vroeër ineengestort terwyl hy ‘n staande komitee vergadering op buitelandse sake bygewoon het. Katjavivi sê die parlement verdaag om ere aan Shixwameni te bring.

Read More

Wes-Kaapse wilde voëls steier steeds onder voëlgriep - November 10, 2021

Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum gaan voort om die voortdurende uitbreking van voëlgriep onder wilde seevoëls te bestuur. ‘n Woordvoerder van die departement van omgewingsake, James-Brent Styan, sê altesaam 18 388 voëls het gevrek, waarvan 17 926 Kaapse kormorante is. Styan sê Dyer-eiland naby Gansbaai is die gebied wat die ergste geraak word met 12 203 dooie […]

Read More

‘n Enorme tekort aan spuitnaalde in 2022 verwag - November 10, 2021

Die wêreld kan in 2022 ‘n enorme tekort aan spuitnaalde ondervind, waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die tekort van twee miljard spuitnaalde word gedeeltelik aangevuur deur lande se Covid-inentingsveldtogte. Die wêreld het in die pandemie al miljarde spuitnaalde gebruik.

Read More

Namcor vol vertroue oor olie-eksplorasie in Namibië - November 10, 2021

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, is vol vertroue dat olie binnekort in Namibië ontdek sal word. Die besturende direkteur, Immanuel Mulunga, het by die Afrika Energieweek wat tans in Kaapstad plaasvind, gesê die toekoms vir Namibië lyk belowend in die olie- en gasbedryf. Mulunga het bygevoeg dat die die Kanadese oliemaatmaatskappy Recon Africa in […]

Read More

DA begin met koalisie-gesprekke - November 10, 2021

Die DA-leier John Steenhuisen sê die party het begin om koalisiegesprekke met ‘n aantal partye te voer in munisipaliteite waar daar nie ‘n volstrekte meerderheid bereik is tydens verlede week se verkiesing nie. Dit sluit nie die ANC en die EFF in nie. Steenhuisen sê die hoofdoel is om bestendige munisipale regerings te vorm:

Read More

Aktiviste het geen vertoue in COP-leiers nie - November 10, 2021

Inheemse klimaataktiviste van die Amasone sê hulle hou nie veel hoop uit dat hulle voorvaderlike grond beskerm sal word nie. Daar is ook min vertroue in die wêreldleiers wat tans by die COP 26 beraad is. Een so aktivis Helena Gualinga, ‘n inboorling van die Amasone, het haar mening so verwoord…

Read More

APP se Shixwameni sterf, Murorua onthou hom so - November 10, 2021

Alex Shixwameni, die leier van die All Peole’s party het gesterf. Hy het vroeër ineengestort terwyl hy ‘n staande komitee vergadering op buitelandse sake bygewoon het. ‘n Mede komiteelid, die UDF-parlementslid Dudu Murorua, het sy skok uitgespreek oor Shixwameni se afsterwe. Hy sê hy het altyd uitstekende bydrae gelewer.

Read More