Nghipunya se ‘lang-draai’ borgaansoek weer in die hof - September 24, 2021

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se dringende aansoek in die hoërhof om sekere bepalings in die strafregtelike wetgewing te verwyder is vandag voor regter Thomas Masuku. Volgens sy stukke is die bepalings wat verdagtes in aanhouding hou voor hulle verhoor of selfs vonnis, teen die bepalings van die Grondwet. Hy vra […]

Read More

Erfenisdag – so vier SA-expats - September 24, 2021

En Suid-Afrika herdenk vandag Erfenisdag. ‘n Suid-Afrikaanse ma en emigrant, Cayla Tompkins, sê daar is niks wat naby aan ‘n braai in Brno kom nie. Tompkins het byna vyf jaar gelede na die Tsjeggiese Republiek geëmigreer en sê sy was verras oor die lewendige ex-pat-kultuur in dié land. Sy, haar man en hul vierjarige dogter […]

Read More

KZN-strande nou veilig na onluste chemiese risiko bring - September 24, 2021

Die UPL-pakhuis in KwaZulu-Natal het die uitslae bekendgemaak van ‘n chemiese ontleding van die strande en seewater in die gebied. ‘n Verslag wat die afgelope paar weke opgestel is, beveel aan al die strande in die provinsie is veilig genoeg om heropen te word na die brandstigting tydens die onluste in Julie. Volgens die verslag […]

Read More

Vier plaaswerkers wat vermoedelik stroper vermoor, bly in aanhouding - September 24, 2021

Die vier plaaswerkers van die plaas Doringlaagte in die Otjiwarongo-distrik wat van moord en poging tot moord op vermeende stropers aangekla is, is borgtog in die landdroshof geweier. Die vier plaaswerkers, die 30-jarige Likius Jackson, die 24-jarige Tjakaranai Tjambiru, die 31-jarige Jacob Angula, en die 54-jarige Joseph Ipuleni Sheya, het voor landdros Karel Muyeghu verskyn […]

Read More

Vergadering oor uraan ontginning by Leonardville - September 24, 2021

‘n Vergadering oor die omgewingsimpakstudie van die Russiese maatskappy Uranium One, wat deel vorm van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom, en onder die plaaslike vaandel van Headspring Investments, uraan by Leonardville wil ontgin, vind op Dinsdag 28 September om nege-uur die oggend in die Leonardville Boereverenigingsaal plaas. Boere in die omgewing, asook van Dordabis, […]

Read More

Bende misdadigers, polisie skiet op mekaar, een verdagte gewond - September 23, 2021

‘n Heen-en-weer skietery het vanmiddag op die hoek van Moses Garoëb en Visarendstraat in die hoofstad tussen ‘n bende misdadigers en die Namibiese polisie uitgebreek. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die geharde misdadigers was in ‘n botsing met ‘n polisievoertuig en ‘n skietery het ontstaan. Een verdagte is […]

Read More

Namibiese landbouminister maan oor bek-en-klouseer-gevare - September 23, 2021

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein het vanmiddag in die Nasionale Vergadering bevestig die entstowwe van die nuwe variant van bek-en-klouseer sal nou na die Zambezi-streek versprei word. Hy het ‘n beroep op goewerneurs van die noordelike streke gedoen om inwoners te maan om nie onwettig beeste oorgrens te beweeg nie, want dit sal die ekonomie […]

Read More

SA Reserwebank se president betreur uitwerking van onluste - September 23, 2021

In Suid-Afrika het die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, aangekondig die terugkoopkoers bly onveranderd op 3,5 persent. Die bank het koerse verlede jaar verlaag in ‘n poging om ekonomiese herstel te steun te midde van die voortslepende pandemie. Kganyago het ook bekend gemaak dat die bruto binnelandse produk na verwagting in 2022 met 1,7 persent […]

Read More

Geingob herhaal kommer oor Covid-entsof-apartheid by VN - September 23, 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandag by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York weer sy ontevredenheid oor die Covid-19 se entstof-apartheid uitgespreek. Hy het gesê die pandemie het armer lande erger geraak, want hulle het hoë skuldvlakke en geen toegang tot finansies nie. Geingob het gesê Namibië het ten doel om innoverende […]

Read More

Namibiese President vra Joe Biden om sanksies teen Kuba te laat vaar - September 23, 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandag by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York ‘n beroep op die Amerikaanse President, Joe Biden, gedoen om sanksies teen Kuba te laat vaar. Geingob het aan Biden, wat noue bande met die voormalige Amerikaanse President Barack Obama het, gevra om weer die gees van vrede en […]

Read More