Gholf: Australië kanselleer mans en vroue Ope - October 14, 2021

Die Australiese Ope se 2022 mans- en vrouetoernooie is gekanselleer as gevolg van voortgaande reisbeperkings weens die koronavirus-pandemie. Die mans se toernooi sou laat in Januarie of Februarie plaasvind en die vrouetoernooi in Februarie. Gholf Australië se hoof, James Sutherland, sê die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar hulle glo dis die beste onder […]

Read More

Mense se reg om self te besluit moet beskerm word - October 14, 2021

Die Change-party in Suid-Afrika sê President Cyril Ramaphosa moet Suid-Afrikaners die versekering gee dat hul grondwetlike reg van vryheid van keuse ten opsigte van verpligte inenting teen Covid-19 beskerm word. Die gesondheidsminister Joe Phaahla, het herbevestig die regering gaan nie wetgewing implementeer om inenting verpligtend te maak nie. Die president van die Change-party, Lesiba Molokomme, […]

Read More

Job soek pendelbusse, kenners sê treine is beter - October 14, 2021

Die Windhoek-burgemeester Job Amupanda het op sy sosiale media gevra of pendelaars wat in Rehoboth en Okahandja woon, sou belangstel om gebruik te maak van ‘n daaglikse busdiens van Stad Windhoek. Kenners meen dat ‘n treindiens beter sal werk en dat dit verkeer op die B1 en A1 roetes sal verlig en ongelukke verminder. Die […]

Read More

Dis hoekom inflasie so hoog is - October 14, 2021

September se inflasie is op 3,5 persent gemeet teenoor 3,4 persent wat in Augustus aangeteken is. Die prys van voedsel en drank dryf ‘n groot deel van die hoë inflasie soos Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm in die hoofstad verduidelik… Klein sê jou mandjie wat jy vir ‘n braai sou gebruik, sal my 7,3 […]

Read More

Koffie, in ‘n laboratorium gekweek… ja of nee? - October 14, 2021

Wetenskaplikes in Finland sê hulle het sukses gehad om moerkoffie in ‘n laboratorium te kweek. Hulle sê dit ruik en proe soos die ware Jakob. Daar word berig dat dit meer volhoubaar is om koffie so te kweek. Selle van die koffieplant word in ‘n voedende medium geplaas wat dan groei veroorsaak en tegnies, meen […]

Read More

Namdeb verleng mynleeftyd - October 14, 2021

Namdeb het vandag sy langtermyn besigheidsplan bekend gemaak. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Riaan Burger sê dat die myn se leeftyd teen 2022 tot ‘n einde sou gekom het sonder die nuwe plan. Die plan laat toe dat Namdeb se aanlandige mynbedrywighede vir 20 jaar verleng word en die regering het vrywaring gekry op […]

Read More

Eagles sal nie geboelie word nie - October 14, 2021

Die T20 Krieket Wêreldbeker 2021 begin op 17 Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate. Namibiërs is opgewonde oor die krieketspan, die Eagles. Hulle is in ‘n moeilike groep ingedeel en speel op Maandag 18 Oktober teen die gedugte span van Sri Lanka wat al die Wêreldbeker gewen het. Die hoofafrigter van die Eagles, Pierre de […]

Read More

Cenored sê skuld is op aanvaarbare vlakke - October 14, 2021

Die sentraal-noorde krag verspreider Cenored sê daar is op die oomblik nie baie groot uitdagings met agterstallige betalings nie. Charlie Matengu, woordvoerder by Cenored, sê kommunikasie-kanale is oop en verskeie planne is uiteengesit vir sommige owerhede. Dit volg na NamPower in April gedreig het om kragtoevoer te staak met meer as 800 miljoen dollar wat […]

Read More

N$1,5 triljoen in eerste 6 maande van 2021 in Brittanje aanlyn gesteel - October 14, 2021

Brittanje is volgens berigte die internasionale episentrum vir kuberaanvalle volgens vyf van die grootste Britse banke. Swendelaars het groot sukses om persoonlike inligting van verbruikers aan te koop omdat daar rekordgetalle is wat aanlyn inkopies doen en bankdienste aanlyn gebruik. Die land se vinnige betalingsinfrastruktuur, relatief sagte polisiëring van bedrogverwante misdaad, plus die gebruik van […]

Read More

Kapers trek soos dominees aan - October 14, 2021

Die polisie in Tshwane waarsku mense in die vervoerbedryf om op die uitkyk te wees vir ‘n nuwe manier om voertuie te kaap. ‘n Bevelvoerder, Molatelo Maphoto, sê bestuurders van minibustaxi’s moet altyd waaksaam wees, veral wanneer hulle uitgeroep word om mense plaaslik of buite Soshanguve te vervoer. Hy sê in die nuwe skelmstreek is […]

Read More