
Britney Spears weer in die nuus - November 13, 2021
Britney Spears het die beëindiging van ‘n wetlike ooreenkoms wat talle aspekte van haar lewe 13 jaar lank beheer het, as die beste dag van haar lewe beskryf. ‘n Regter in Los Angeles het gelas ‘n bewaringstrust wat Spears se pa in 2008 opgestel het, moet onmiddellik beëindig word. Sy het die voogdyskap as beledigend […]
WGO bekommerd oor toegang tot insulien vir tipe-twee-diabete - November 13, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê vyf uit tien mense in die wêreld met tipe-twee-diabetes het nog steeds nie toegang tot insulien nie. ‘n Nuwe WGO-verslag in die aanloop tot môre se Wêreld-diabetes-dag, plaas die kollig op die ontstellende toestand wat betref globale toegang tot insulien en sorg vir diabete. Slegs drie maatskappye oorheers 90-persent van die mark […]
Verskeie Suid-Afrikaanse ministers gaan oor Julie-onluste getuig - November 13, 2021
Suid-Afrikaanse ministers van Polisie, Verdediging, Justisie en Staatsveiligheid is van die staatsleiers wat voor die buurland se Menseregtekommissie se nasionale ondersoekverhoor na die Julie-onrus sal verskyn. Die verhore sal virtueel Maandag begin teen ‘n koste van drie miljoen rand. Minstens 350 mense is dood toe geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het kort nadat president […]
Digitale duplikaat van renosterhoring op veilig verkoop - November 13, 2021
‘n Digitale duplikaat van ‘n renosterhoring is op ‘n veiling in Suid-Afrika verkoop. Items bekend as nie-verwisselbare items, of NFT’s, word verkoop om geld in te samel om egte renosters te beskerm. ‘n Kaapstadse sake-eienaar, Charl Jacobs, het meer as 100-duisend-rand vir die digitale horing betaal en sê hy plaas die duplikaat in ‘n trust […]
Tekort aan voorraad skep probleme vir plaaslike voertuighandelaars - November 13, 2021
Plaaslike voertuighandelaars het aangedui dat voertuigverkope aansienlik hoër sou wees as voorraad beskikbaar was. Daarom kan ‘n gebrek aan beskikbare voorraad en vertraagde afleweringstye van ingevoerde voertuie moontlik ook ‘n impak op voertuigverkope hê. Toyota, Japan se grootste motorvervaardiger, het wêreldwye produksie vir November met soveel as 15 persent gesny (tussen 100 000 en 150 […]
Miljoene nuwe Covid-19-gevalle in Europa - November 13, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê intussen sowat twee-miljoen gevalle van Covid-19 is in Europa aangemeld, die meeste in ‘n enkele week in die streek sedert die pandemie uitgebreek het. Europa het bykans 27-duisend sterftes aangemeld, meer as die helfte van alle Covid-19-sterftes wat die week wêreldwyd geregistreer is. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê Covid-19 […]
Eben Etzebeth en sy neef gaan nie vervolg word nie - November 13, 2021
Die waarnemende Wes-Kaapse direkteur van Openbare Vervolging, Nicolette Bell, gaan nie die Springbok-voorspeler Eben Etzebeth en sy neef Emile vervolg oor ‘n beweerde aanranding in 2019 in Langebaan aan die Weskus nie. Bell het beslis daar is nie enige kans op ‘n suksesvolle vervolging nie hoofsaaklik weens die swak getuies. Eric Ntabazalila, Die Wes-Kaapse kommunikasiebestuurder […]
Pandor besoek Algerië en die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek - November 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, besoek die naweek Algerië en die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek. Sy beoog om die bestaande goeie politieke verhouding met hulle, wat terugdateer na die jare van die stryd teen kolonialisme en apartheid, te verdiep en te versterk. Die departement se woordvoerder, Lunga Ngqengelele, sê Pandor […]
African Wildlife Consultative Forum in Kasane in Botswana gehou - November 13, 2021
Die jaarlikse African Wildlife Consultative Forum is in Kasane in Botswana gehou Die forum het ‘n diverse groep belanghebbendes, senior regeringsamptenare, professionele jagverenigingleierskap, gemeenskapsgebaseerde ondersteuningsorganisasies, internasionale beleidskenners en natuurlewebioloë bymekaar gebring om kwessies oor die volhoubare gebruik van wildbewaring regoor Afrika te bespreek. Dries van Coller, die sekretaris-generaal van die Sustainable Use Coalition in Suider-Afrika, […]
Namibiese Raad van Kerke verwelkom nuwe Covid-regulasies - November 13, 2021
Die Raad van Kerke in Namibië verwelkom die nuwe Covid-regulasies, want hulle kan nou 500 lidmate met ope arms by kerkdienste verwelkom. Die pandemie het groot impak op kerke gehad. Volgens Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Raad van Kerk, sê die nuwe maatreëls is ‘n groot verligting.