Tshwane toets water oor stank in Centurion

Die Stad Tshwane sê hy is bewus van die stank wat steeds oor die Centurion-gebied hang. Dit word veroorsaak deur ʼn middel met ʼn oliebasis wat in die Sunderland Ridge-watersuiweringsaanleg gestort is. Die middel het ʼn hoë konsentrasie vlugtige organiese verbindings. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die uitslag van watermonsters […]

Read More

2022 se satellietrekening vir toerisme bekend

Die toerisme-ministerie het in samewerking met die Namibië Statistieke Agentskap, en met die finansiële en tegniese ondersteuning van die Verenigde Nasies se Ekonomie vir Afrika cie samestellingsproses van die Namibiese Toerismesatellietrekening vir 2022 afgehandel. Die verslag meet die direkte ekonomiese bydrae van toerisme tot die ekonomie. Dr. Geoffrey Manyara, ekonomiese beampte van die VN-orgaan verduidelik.

Read More

Besnoeiings het verwoestende impak – Winde

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê die gevolge van die nasionale begrotingsbesnoeiings wat ingestel is raak nie net gesondheidsdienste nie, maar ook onderwys en maatskaplike ontwikkeling. Die Wes-Kaap se provinsiale toedeling is oor die volgende drie jaar met altesaam 6,7 miljard Suid-Afrikaanse rand besnoei as deel van die Nasionale Tesourie se fiskale konsolidasie. […]

Read More

Kremlin bevestig Carlson-onderhoud

President Vladimir Putin het Dinsdag ‘n onderhoud aan die Amerikaanse televisiegasheer Tucker Carlson toegestaan, het die Kremlin gesê, sy eerste onderhoud met ‘n Amerikaanse joernalis sedert voor Rusland se inval in die Oekraïne byna twee jaar gelede. Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, het gesê Putin het ingestem tot die Carlson-onderhoud omdat die benadering van […]

Read More

William sê dankie vir ondersteuning oor Kate en sy pa

Prins William sê die ondersteuning van die publiek, sakelui en regeringsbeamptes sedert sy pa se kankerdiagnose en prinses Catherine se buik-operasie word opreg waardeer. Koning Charles herstel by Sandringham terwyl hy behandeling ontvang en Kate sal eers weer in April op die been wees.

Read More

Mnyupe onthou Geingob so

Groen-waterstofkommissaris James Mnyupe het sedert 2019 baie na aan ontslape president Hage Geingob gewerk, eers as ekonomiese adviseur. Mnyupe het met die nasionale uitsaaier gepraat oor sy herinneringe aan Geingob.

Read More

Vrugte teken skerpste styging aan, 17,4%

Die Namibiese Statistieke-agentskap het inflasie van 5,4 persent vir Januarie aangeteken. So het voedselpryse vertoon. Vrugte was 17,4 persent duurder met vis op 14,5 persent. Groente het jou 13,5 persent meer uit die saak gejaag met suiwel en eiers wat op is met 13,1 persent. Koffie en tee was 11,9 persent duurder, suikerprodukte 9,2 persent […]

Read More

Kenner sê oor stygende mielie-vraag, dalende produksie

Namibiese mielieproduksie is in die nuus. Daar is uitdagings vir droëland-produsente met wispelturige reënval. Terwyl vraag na witmielies jaarliks in Namibië met amper 1 persent groei, neem produksie jaarliks af met 0,5 persent. Daar word beraam dat in 2026 die land 132 000 metrieke ton in vraag sal bereik met produksie wat net onder 48 […]

Read More

Stad Windhoek sal weer probeer raadslede instem, derde keer

Die beleërde bestuursraad van Stad Windhoek sal vanmiddag vir die derde keer poog om twee vakante posisies op sy raad te vul. Die koalisie by die stad is ‘n volslae mislukking met binnegevegte wat voortduur. Die stelsel van ‘n roterende burgemeester werk ook nie omdat projekte nie voltooi word nie. Die raad het vroeër in […]

Read More

Spencer Nakale sou vandag 7 gewees het

Die vermiste Spencer Nakale sou vandag sewe jaar oud geword het. Spencer het spoorloos op Lüderitz verdwyn op 28 Desember 2020 en daar is sedertdien geen nuwe inligting nie. Sy pa, Nelson sê hy verlang na sy kind.

Read More