Kremlin bevestig Carlson-onderhoud

President Vladimir Putin het Dinsdag ‘n onderhoud aan die Amerikaanse televisiegasheer Tucker Carlson toegestaan, het die Kremlin gesê, sy eerste onderhoud met ‘n Amerikaanse joernalis sedert voor Rusland se inval in die Oekraïne byna twee jaar gelede. Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, het gesê Putin het ingestem tot die Carlson-onderhoud omdat die benadering van die voormalige Fox News-gasheer verskil van die “eensydige” beriggewing van die Oekraïne-konflik deur baie Westerse nuuskanale.