Tshwane toets water oor stank in Centurion

Die Stad Tshwane sê hy is bewus van die stank wat steeds oor die Centurion-gebied hang. Dit word veroorsaak deur ʼn middel met ʼn oliebasis wat in die Sunderland Ridge-watersuiweringsaanleg gestort is. Die middel het ʼn hoë konsentrasie vlugtige organiese verbindings. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die uitslag van watermonsters wat getoets is, sal help om die chemiese samestelling van die middel te bepaal: