Johannesburgse regsfirma bevestig brief oor Recon-Africa aan Kanadese premier
Mark Gevers van die Johannesburgse regsfirma Schindlers Forensics, het bevestig hulle het ‘n brief aan die Kanadese eerste minister geskryf om in te gryp in ReconAfrica se boorwerk in die opvangsgebied van die Okavango-delta. Schindlers Forensics het die brief aan Justin Trudeau gerig om hom daarop te wys ReconAfrica, ’n maatskappy wat in Kanada geregistreer […]
Geen regering kon hiervoor voorberei nie
Die Covid-pandemie saai wêreldwyd verwoesting in hospitale en huise. Mense verloor daagliks geliefdes en hospitale kan nie meer die talle pasiënte en liggame hanteer nie. Volgens kenners is dit ‘n aanduiding dat beide ontwikkelde en ontwikkelende lande nie gereed was vir so ‘n pandemie nie. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike politieke ontleder, gesels met Kosmos […]
Jy kan nie by die werk gdwing word om ‘n inenting te neem nie
Die debat rondom geforseerde inenting deur werkgewers woed vandag in Suid-Afrika met die vakbond Solidariteit wat sê hy sal sy lede tot in die hof beskerm teen gedwonge inentings. In Namibië is inenting vrywillig en geen werknemer kan sy personeel dwing om in te ent nie, al word dit vermom in prestasie evaluerings, verhogings en […]
Vanger van stropers, Sammy, tree af
Na ses jaar in die stryd teen renosterstropery, het die vierpotige Suid-Afrikaanse heldin Sammy afgetree. Sy was die Oos-Kaap se eerste teen-stropings- en snuffelhond wat deur ‘n nie-regeringsorganisasie befonds is en het ‘n groot rol gespeel in die werksaamhede van plaaslike teen-stropingseenhede. Dié Duitse herdershond het in 2015 op die ouderdom van 18-maande op die […]
Toerisme op Lüderitz het voor pandemie reeds gesukkel
Lüderitz is half vergete in die verlies aan inkomste as gevolg van toerisme in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Marion Schelkle, die bestuurder van Lüderitz Safaris and Tours gepraat. Sy sê die huidige situasie is baie uitdagend…
Mariene-fosfaat: uitspraak uitgestel
Uitspraak in die mariene-fosfaat saak sal op 30 Junie in die hoërhof gelewer word. Regter Shafimana Ueitele sal dit na verwagting dan lewer nadat dit uitgestel is. Die saak is deur die konfederasie van Namibiese visvang-verenigings en drie ander partye gebring om die lisensie van Sandpiper Mining om fosfaat te ontgin op te skort. Volgens […]
Dwelms in die boot – saak uitgestel
Die Pretoriase Landdroshof het die saak teen drie van die vyf beskuldigdes in ‘n dwelmvonds van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot Donderdag uitgestel. Die polisie het vroeër die maand op die N1 in Tshwane op die dwelms beslag gelê. Die vyf word verbind met die ontdekking van 800 kilogram saamgeperste suiwer kokaïen in ‘n boot. […]
Nog lyke sal die naweek veras word
Nog onopgeëiste liggame sal die naweek in die hoofstad veras word. Die land se staatslykshuie is tans vol met Covid-sterftes wat toeneem en lyke wat in sommige gevalle reeds vyf jaar wag om opgeëis te word. Stad Windhoek het reeds gehelp om 180 verlede naweek te veras die die proses sal die naweek voortduur, soos […]
Okh het dringend hulp nodig
Die privaathospitaal op Okahandja het dringend vrywilligers nodig om hulle by te staan. Die fasiliteit, wat net uit 11 beddens bestaan, is oorvol, nes talle ander regoor die land. Die hospitaal se hoof uitvoerende beampte, Susan de Beer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Demokrasie is nie vanselfsprekend nie – Obama
Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê die stemregkwessie in die VSA is miskien iets waaroor die meeste mense hulle nie bekommer nie, maar die geweld by Capitol Hill is ‘n herinnering dat demokrasie nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Obama steun die konserwatiewe senator van die Demokratiese Party vir West-Virginia, Joe Manchin se […]