Namibiese arbeidsministerie stel Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend - December 6, 2021

Die Namibiese arbeidsministerie gaan vandag die Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend stel. Dit sal as raamwerk dien om die huidige situasie van beroepsveiligheid en –gesondheid in Namibië te verbeter. Die ministerie het ook die Wetlike Gaping Analise-verslag voltooi wat inligting oor gapings tussen bestaande nasionale wette, regulasies, beleide en programme en internasionale protokolle verskaf. Aune […]

Read More

Krieket - December 6, 2021

Indië se toer na Suid-Afrika sal, met sekere aanpassings, voortgaan, ten spyte van kommer oor die Omikron Covid-19-variant. Krieket Suid-Afrika sê Indië sal drie eendag internasionale- en drie toetswedstryde teen die Proteas speel. Die vier T20-wedstryde sal egter volgende jaar herskeduleer word. Die Indiese span was veronderstel om op 9 Desember aan te kom, maar […]

Read More

Suid-Afrikaanse NV-lede stem môre oor grondonteiening - December 6, 2021

Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die eiendomsklousule in die Grondwet gewysig gaan word om voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Die Grondwet se 18de wysigingswetsontwerp sal Dinsdag voor die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Die ad hoc komitee wat Afdeling 25 van die Grondwet gewysig het, het die wetsontwerp in […]

Read More

Pres. Hage Geingob stel drie hoërhofregters aan - December 6, 2021

President Hage Geingob het drie hoërhofregters aangestel. Hulle is George Coleman, David Munsu en Erich Kesslau. Coleman is effektief vanaf 1 Januarie 2022 aangestel, en Munsu en Kesslau is as waarnemende hoërhofregters vanaf 16 Januarie 2022 tot 15 Julie 2022 aangestel.

Read More

Bly kalm maan kundiges oor die nuwe Covid-19-variant - December 5, 2021

Namibië ervaar steeds ‘n toename in positiewe Covid-19-gevalle. Die gesondheidsministerie het 130 nuwe gevalle bevestig. Die Windhoekse Pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, het aan Kosmos 94.1-Nuus gesê Namibiërs moet by die basiese gesondheidsreëls hou en nie paniek saai nie.

Read More

158 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - December 5, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 158 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 112, Luderitz 11, Walvisbaai 10 ,Gobabis 6, Swakopmund en Rehoboth 4 elk en Okahandja 3. Die res kom landwyd voor. Daar is 679 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 796. Die totale sterftesyfer is tans 3 574.

Read More

Groot afwagting vir President Geingob se inligtingsessie môre-oggend - December 5, 2021

Daar is groot afwagting vir President Hage Geingob se inligtingsessie môre-oggend 10h00 om die land op hoogte te bring met die Covid-19-vooruitsigte tans en in die nabye toekoms. Dit sal die 37ste Covid-19 openbare inligtingsessie wees sedert die begin van die pandemie. “Om Covid-19 te verslaan, sal respek vir gesondheidsprotokolle vereis. Kudde-immuniteit deur inenting is […]

Read More

CNN dank Chris Cuomo af - December 5, 2021

Die Amerikaanse TV-aanbieder Chris Cuomo is deur die nuuskanaal CNN afgedank omdat hy sy broer, Andrew Cuomo gehelp het in sy stryd teen bewerings van teistering. Andrew Cuomo het in Augusutus as goewerneur van New York bedank nadat aanklaers beweer het dat hy sy personeel geteister het. CNN sê bykomende inligting het aan die lig […]

Read More

Lekker motorsport vanaand - December 5, 2021

Motorsport: Lewis Hamilton het Mercedes in die eerste wegspringplek geplaas vir vanaand se eerste Saoedi-Arabiese Grand Prix. Die Brit se spanmaat, Valtteri Bottas, is saam met hom daar. Hamilton se Red Bull-teenstander en Formule Een-voorloper Max Verstappen het in ‘n muur vasgery op die laaste hoek van sy finale rondte op die straatroete. Verstappen, wat […]

Read More

Dis vandag agt jaar sedert die dood van Mandela - December 5, 2021

Dis agt jaar sedert die afsterwe van die struggle-ikoon Nelson Mandela. Die anti-apartheid aktivis is op 95 in Johannesburg oorlede. ‘n Kranslegging-seremonie en ‘n virtuele wedloop word vandag ter ere van hom by die Uniegebou in Pretoria gehou. Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang, sê hy het foto’s van mense uit Zambië […]

Read More