Dodetal styg in Air India-vlugramp June 15, 2025
Die dodetal in Donderdag se Air India-vliegtuigramp het tot 279 gestyg. Dié syfer sluit 38 mense in wat dood is toe ‘n Boeing 787-8 Dreamliner onderweg na Londen, naby Ahmedabad se lughawe in Indië op ‘n woongebied neergestort het. Die owerhede het die liggame van 12 slagoffers reeds aan hul families oorhandig. Intussen het DNS-toetse die identiteit van nóg 31 slagoffers bevestig en hul families het toestemming ontvang om hul oorskot in ontvangs te neem.