ANC moet uitbly uit Transnet se bestuur

Die DA sê die party was nog altyd voorstanders van die privatisering van staatsondernemings om die staat se blootstelling te verminder en bestendige ekonomiese instandhouding en groei te verseker. Ghaleb Cachalia van die party sê hulle verwelkom die regering se planne om beleggers en beleggings in die privaat-sektor vir Transnet se hawe-netwerk in die volgende […]

Read More

Handboek vir teaterlui kom einde van die maand

Die Nasionale Teater van Namibië het die bekendstelling van Theatre Practices and Business in Namibia Reader 2021 op 30 Augustus aangekondig. Die aanlynpublikasie is ‘n samestelling van perspektiewe van 18 Namibiese teaterlui. Hulle gee aanbevelings hoe ontluikende teaterkunstenaars teaterpraktyke volhoubaar in die land kan bestuur. Die skakelbeampte van die NTN, Desiree Mentor, praat met Kosmos […]

Read More

Parreira gee toe, skuld Agribank N$55m

Die bekende Rundu besigheidsman Tulio van der Merwe Parreira, wat al in die plaaslike media as ‘die magnaat van Rundu’ beskryf is, het toegegee in die hoërhof dat ‘n verstekvonnis van meer as 55 miljoen Namibiese dollar teen hom deur Agribank toegestaan word. Agribank sê hy eis sedert Desember 2019 betaling en Parreira eers die […]

Read More

Haïti-aardbewing het 1,2 miljoen geraak

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, beraam dat ongeveer 1,2 miljoen mense, onder wie 540 000 kinders, deur die kragtige aardbewing geraak is wat Haïti Saterdag getref het. Minstens 1 941 mense is dood in die aardskudding met ‘n meting van 7,2 en meer as 9 000 is beseer. Altesaam 30 000 mense is dakloos […]

Read More

Navo blameer ook Afghaanse-regering

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, sê hy is baie bekommerd oor die hoë vlakke van geweld in Afghanistan tydens die Taliban se oorname. Dit sluit aanvalle in op burgerlikes, moorde op spesifieke mense en berigte van verskeie ander ernstige menseregte-skendings. Navo het die land sedert 2003 beset, maar het operasionele gevegte in 2014 gestaak om hulle […]

Read More

DA wil nuwe voorsitter hê vir regter-onderhoude

Die DA sê Suid-Afrika het bekwame en ervare regters nodig wat ook onberispelik is om in sy howe te dien, en nié individue wat om politieke redes voorkeur geniet nie. Die party het só gesê in reaksie op die Regterlike Dienstekommissie se besluit om weer onderhoude te voer met die regters vir die Konstitusionele Hof. […]

Read More

Stiefma wat kind blykbaar ontlasting voer, borg geweier

Die 45-jarige vrou van die Oshana-streek wat in hegtenis geneem is en aangekla is van kindermishandeling en aanranding is borg in die Ondangwa-landdroshof geweier. Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, word daarvan beskuldig dat sy haar sewe-jarige stiefseun die ontlasting van ander kinders gevoer het en dat sy hom geslaan […]

Read More

Grondgrypers weer in Oktober in die hof

Die saak teen die 15 beweerde grondgrypers wat verlede week amok gemaak het net wes van die hoofstad, is tot 21 Oktober uitgestel. Die groep staar verskeie klagtes in die gesig, wat kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot brandstigting en meer insluit. Die Spesiale Rewerwemag van die Namibiese polisie moes intree toe die groep gewelddadig geraak het. […]

Read More

Finansiering vir groen-energie nodig

Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, sê in die lig van die onvermydelike wêreldwye verskuiwing na ‘n groen ekonomie, is toegang tot groen finansiering ‘n dryfveer vir herindustrialisering. De Ruyter was een van die sprekers by die Hendrik van der Bijl-gedenklesing wat die Universiteit van Pretoria gister aangebied het. Hy sê Eskom is voortdurend in […]

Read More

Repokoers vandag aangekondig

Na verwagting gaan die Bank van Namibië vandag die repokoers aankondig. Die Bank van Namibië het egter in sy Augustus-vooruitsigte gepubliseer die groei vir 2021 hersien van 2,7 persent in Februarie tot 1,4 persent tans. Bank van Namibië se groei vir 2022 is hersien na ‘n styging van 3,4 persent vanaf 3,3 persent, en ‘n […]

Read More