Inenting teen longsiekte vorder goed - June 13, 2022

Die inentingsveldtog teen longsiekte in die twee Kavango-streke vorder goed. ‘n Uitbreking van die siekte is vroeër die jaar veklaar. Die hoogs aansteeklike siekte veroorsaak vrektes in meer as 50 van die diere wat dit opdoen. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof veeartsenybeampte, dr. Albertina Shilongo gepraat.

Read More

Okombahe-inwoners ontvang tenkerwa, voedsel - June 13, 2022

Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het saam met die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze ‘n water tenkerwa aan inwoners van Okombahe in die Daures-kiesafdeling in die Erongo-streek oorhandig. Die gebied sukkel met watertekorte. Voedselpakkies is ook oorhandig.

Read More

Oekraïne bevestig twee korridors vir graan-uitvoere - June 13, 2022

Die Oekraïne het twee roetes deur Pole en Roemenië gevestig om graan uit te voer en te poog om die wêreldwye graantekorte te verminder maar, bottelnekke die voorsieningsketting vertraag die proses. Die land se adjunkminister van buitelandse sake, Dmytro Senik sê hulle is in gesprek met Baltiese state om ‘n derde korridor vir voedseluitvoere by […]

Read More

Voormalige tuinier besit nou eie koffie-handelsmerk - June 13, 2022

‘n Veertigjarige man van KwaZulu-Natal het geskiedenis gemaak met die eerste Suid-Afrikaanse koffie-handelsmerk in swart besit. Die voormalige tuinier Sihle Magubane sê hy het in 2012 sy eie koffie begin rooster en sy koffie-handelsmerk, Sihle Brew, het nou ‘n plek gevind in die groter kleinhandelaarsmark. Magubane sê hy het Johannesburg toe getrek waar hy by […]

Read More

NLU-president sê vryemarkhandel van ivoor moet toegelaat word - June 13, 2022

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het gereageer op die Namibiese omgewingsministerie sowel as die Namibiese Professionele Jagtersvereniging wat wettige ivoorhandel ondersteun. Die internasionale bewaringsliggaam wat die verkope reguleer, Cites, wil dit nie toelaat nie. Volgens Gouws, beperk die organisasie die vryehandel in ivoor wat op sy beurt weer stropery aanhits. Hy verduidelik.

Read More

TUN wil staking reël - June 13, 2022

Die Namibiese Onderwysersvakbond maak hom gereed vir ‘n staking. Volgens die vakbond se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha, word lede gemobiliseer na onderhandelings oor ‘n salarisverhoging op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Kavihuha sê die regering het genoeg tyd gehad.

Read More

Repokoers sal met 50 basispunte styg – ekonoom - June 13, 2022

Die Bank van Namibië sal Woensdag die jongste terugkoopkoers aankondig. Verskeie ekonome meen dat die koers met 50 basispunte sal verhoog, net om die plaaslike repokoers in lyn te kry met die van Suid-Afrika. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad…

Read More

Kunsmis-kostes sal nie akkerbou verlaag nie - June 13, 2022

Die konflik tussen Rusland en Oekraïne het ander lande bewus gemaak van hul afhanklikheid van Rusland vir kunsmis. Die Amerikaanse regering het gereageer deur te belê in innoverende, plaaslik vervaardigde kunsmis-stowwe, maar dit sal tyd neem. Stygende pryse veroorsaak dat boere hul plant-strategieë in die meeste lande regoor die wêreld aanpas. Daar is ook belangstelling […]

Read More

Twee gered uit vat sjokolade - June 13, 2022

Brandbestryders in Elizabethtown, Pennsilvanië, moes hul dringend haas na die Mars Incorporated-fabriek op die dorp nadat twee mense in ‘n vat vol sjokolade geval het. Daar was blykbaar geen onmiddellike gevaar nie omdat die sjokolade middellyfhoogte was, maar die twee mense kon nie daarin slaag om self uit te kom nie… of dalk wou hulle nie.  Dit is nie bekend […]

Read More

Gratis onderwys: Ouers het ook ‘n verantwoordelikheid - June 13, 2022

Namibiese ouers het skerp gereageer op die swak befondsing van skole en sê hulle word genoodsaak om skoolfonds te betaal by openbare skole. Maar, volgens die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, kan ouers nie van sommige fooie gevrywaar word nie. Sy voeg by, ‘n konferensie word later vanjaar in die verband gehou.

Read More