Gestrande ruimtevaarders kom huis toe - March 16, 2025

Die span wat die twee gestrande Amerikaanse ruimtevaarders ná meer as nege maande op die Internasionale Ruimtestasie gaan aflos, het Saterdagnag aangeland. Hul aankoms sal die terugkeer van die twee veteraanruimtevaarders van Nasa, Butch Wilmore en Suni Williams, na Florida moontlik maak. Hulle sal na verwagting nie voor Woensdag vertrek nie. Die twee sou aanvanklik […]

Read More

Marc Márquez gunsteling in MotoGP vandag - March 16, 2025

Marc Márquez het die stryd van die broers gewen toe hy Alex Marquez Saterdag in die Argentynse MotoGP-blitsren geklop het. Die sesmalige wêreldkampioen het sy droombegin in die rooi van die Ducati-span voortgesit. Ná oorwinnings in die blitsren en wedren in die seisoen van die eerste MotoGP in Thailand twee weke gelede, sal hy ‘n […]

Read More

Padfonds kort minstens N$3,8 miljard - March 16, 2025

Die Padfondsadministrasie sê die onlangse verhoging van 20c per liter in die brandstofheffing sal sowat 400 miljoen Namibiese dollar genereer. Dit is hopeloos te min, sê dié staatsonderneming. Sowat 3,8 miljard Namibiese dollar is nodig om die befondsingstekort vir padinfrastruktuur uit te wis. Die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie, Ali Ipinge, sê hulle het vir […]

Read More

Polisie slaan toe op dwelmlaboratorium in Gauteng - March 16, 2025

‘n Oorgrensoperasie tussen Wes-Kaapse georganiseerde misdaadondersoek en die dwelmhoofkantoor het gister afgekom op ‘n versteekte dwelmlaboratorium in Vanderbijlpark, Gauteng. Mandrax en dwelmvervaardigingstoerusting van meer as een miljoen rand is in beslag geneem en ‘n 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê na ‘n intensiewe ondersoek het ‘n multidissiplinêre span oor […]

Read More

Trump teiken nou reisvisums - March 16, 2025

Die Trump-administrasie oorweeg die uitreik van beperkings op reise vir die burgers van tientalle lande, volgens Reuters, wat ‘n interne memorandum aanhaal. Die memorandum noem 41 lande wat verdeel word in onderskeie groepe. Die eerste groep van tien lande, wat Afghanistan, Iran, Sirië, Kuba en Noord-Korea insluit, kan volle opskorting van visums verwag. In die tweede […]

Read More

Tennis: Alcaraz se droom aan skerwe - March 16, 2025

Jack Draper van Brittanje het Carlos Alcaraz se droom verpletter om die Indian Wells Meesters vir ‘n derde agtereenvolgende keer te wen deur gister die tweemalige verdedigende kampioen met 6-1, 0-6, 6-4 te klop en deur te dring na die eindstryd. Die wêreld se nommer 14 Draper pak vandag Holger Rune in die eindstryd nadat […]

Read More

Plaaslike owerhede, verbruikers verdrink in waterskuld - March 16, 2025

Plaaslike owerhede en verbruikers het teen die einde van Februarie vanjaar sowat 3,5 miljard Namibiese dollar se water- en elektrisiteitskuld gehad. Skuld by NamWater beloop 2,4 miljard dollar, terwyl 960 miljoen aan NamPower verskuldig is. Die kragvoorsiener moes verlede jaar 157 miljoen in slegte skuld afskryf. 

Read More

SA ver agter met grondhervorming - March 16, 2025

Die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies aan die Universiteit van die Wes-Kaap sê daar is ‘n voortdurende afname in Suid-Afrika se grondhervorming. Dit wek kommer oor die regering se toewyding aan grondgeregtigheid. Die navorsing toon net 11 persent van Suid-Afrika se kommersiële landbougrond is sedert die 1990s deur grondhervorming oorgedra, baie minder as […]

Read More

Noord-Korea hulp Rusland glo in Kursk - March 16, 2025

Die Russiese president Vladimir Putin sê hy is gewillig om die lewens van Oekraïense soldate in die Kursk-streek te spaar. Dit volg op die Amerikaanse president Donald Trump se pleidooi vir die soldate wat deur Russiese troepe vasgekeer is. Putin sê ‘n volle oorgawe en onttrekking is eers nodig. Intussen is die Russiese leër, glo […]

Read More

Grand Prix: McLaren neem voortou - March 16, 2025

Lando Norris van McLaren en sy spanmaat Oscar Piastri spring vandag voor weg in die eerste Grand Prix van die seisoen in Melbourne, Australië. Norris was in gister se kwalifiserende ronde 0,084-sekondes voor Piastri. Die heersende kampioen Max Verstappen is derde, met George Russell vierde vir Mercedes, voor ‘n indrukwekkende vyfde plek vir Yuki Tsunoda […]

Read More