
City Power stel tien Johannesburgse hospitale vry van beurtkrag - October 1, 2022
City Power het bevestig tien van Johannesburg se 130 gesondheidsgeriewe gaan vrygestel word van beurtkrag. Die kragvoorsiener sê egter sekere hospitale val in dieselfde netwerk as hul gemeenskappe, wat dit moeilik maak om dit kwyt te skeld. Die departement van gesondheid het die kragvoorsiener genader om maniere te oorweeg om hul geriewe van die kragonderbrekings […]
Zelensky wil lidmaatskap van Navo versnel - October 1, 2022
Die President van Oekraïne, Wolodimir Zelensky, gaan ʼn versnelde aansoek vir lidmaatskap van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, ingedien. Dit volg op die Russiese leier Vladimir Putin se proklamasie van die anneksasie van vier gedeeltelik besette Oekraïnse streke, Luhansk, Donetsk, Zaporizhzhia en Kherson. Russiese gevolmagtigdes in die streke het vandeesweek referendums gehou wat deur die internasionale gemeenskap […]
Bloedoortappingsdiens het dringend O-negatief-bloed nodig - October 1, 2022
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië het ‘n beroep op Namibiërs gedoen wat O-negatief is, om dringend bloed te skenk. Volgens die diens is daar baie ernstige siek pasiënte in hospitale wat van dié skenkers afhanklik is om hul lewens te red. Vervoerreëlings sal vir skenkers getref word. Titus Shivute, woordvoerder van die diens, gesels met Kosmos […]
Windhoekse Stadspolisie maan oor bedrog met verkeersboetes - October 1, 2022
Dit het onder die aandag van die Windhoekse Stadspolisie gekom dat daar ‘n bedrogspul met betalings van verkeersboetes aan die gang is. Verdagtes van dié swendelary beweer dat hulle stadspolisie-beamptes is en vra vir elektroniese betalings vir verkeersboetes. Superintendent Celie Kapolo van die stadspolisie waarsku lede van die publiek om versigtig te wees vir hierdie […]
ANC stel Wes-Kaapse verkiesingskonferensie uit - October 1, 2022
Die ANC in die Wes-Kaap het sy provinsiale verkiesingskonferensie wat hierdie naweek sou plaasvind, herskeduleer. Dit volg nadat die Suid-Kaap- en Dullah Omar-streke administratiewe probleme ondervind het. Die provinsiale woordvoerder van die ANC, Sifiso Mtsweni, sê strukture is aangesê om voorrang te gee aan die nominasieproses vir die nasionale konferensie. Volgens Mtsweni is ‘n besluit […]
VSA stel nog sanksies teen Rusland in - October 1, 2022
Amerikaanse President Joe Biden het President Vladimir Putin van Rusland se bedrieglike aansprake tot anneksasie van vier Oekraïnse state, Luhansk, Donetsk, Zaporizhzhia en Kherson, gekritiseer. Biden het onderneem om die internasionale gemeenskap te mobiliseer om Rusland aanspreeklik te hou. Verdere Amerikaanse sanksies is teen Rusland ingestel. Biden sê Amerika sal ongehinderd voortgaan om wapens aan […]
Rugby: Bulle klop Connacht - October 1, 2022
Rugby: Die Bulle het hulle onoorwonne wegspring in die Verenigde Rugbykampioenskap voortgesit met ‘n bonuspunt-oorwinning van 28-14 oor die Ierse span, Connacht, in Pretoria. Die skrumskakel, Zak Burger, het twee van die Bulle se vier drieë gedruk. In Wallis het die Leeus ook ‘n wenvertoning gelewer en Cardiff gisteraand met 31-18 geklop. Die span van […]
Copps 94.1 besoek Groot Aub - October 1, 2022
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug, dié keer vanaf Groot Aub, met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering sê […]
Tshwane mis spertyd om Eskom se agterstallige skuld te betaal - October 1, 2022
Die Stad Tshwane het volgens Eskom versuim om sy Augustus-rekening van 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand na te kom en het slegs 492 miljoen rand van die rekening wat op 16 September 2022 verskuldig en betaalbaar was, vereffen. Eskom het die munisipaliteit gewaarsku om die balans van 1,1 miljard rand te betaal. Eskom het vroeër gewaarsku […]
Nóg ‘n staatsgreep in Burkina Faso - October 1, 2022
Gewapende soldate in maskers het Vrydagaand op TV in Burkina Faso verskyn om die uitsetting van President Paul-Henri Damiba te bevestig. Dit is die tweede staatsgreep in die geteisterde Wes-Afrikaanse land vanjaar. Die aankondiging het ‘n dag afgesluit wat begin het met geweervuur naby ‘n militêre kamp in die hoofstad Ouagadougou, ‘n ontploffing naby die […]