Die betekenis van Paasfees moet daagliks uitgeleef word

Paasfees is een van die belangrikste tye op die Christen-kalender en vandag, op Paas-Sondag vra die algemene sekretaris van die Namibiese Raad van Kerke dat Christene nie net vandag onthou wat Christus vir hul gedoen het nie, maar ook die boodskap daagliks uitleef.

Read More

Mwiya sê oor sy salaris…

Plaaslike media berig dat as gevolg van ‘n administratiewe fout het die hoof administrateur van die Namibiese sportkommissie, Freddy Mwiya, twee keer meer maandeliks verdien as die sportminister, Agnes Tjongarero. Luidens die berigte meen Tjongarero dat die tipe fout meer algemeen is as wat geglo word en dus, hoef Mwiya nie die geld terug te […]

Read More

Musk erken sy Twitter-plan sal dalk nie werk nie

Elon Musk het sy posisie as Twitter se grootste aandeelhouer verloor. Die nuus kom na sy poging om die maatskappy in ‘n 43 miljard Amerikaanse dollar-transaksie te koop. Die Tesla- en SpaceX-baas het vroeg in April gesê hy het Twitter se grootste aandeelhouer geword, nadat hy ‘n 9,2 persent-belang in die maatskappy bekom het. Maar […]

Read More

Britse hervestigingsplan in Rwanda skerp veroordeel

Amnestie Internasionaal het Brittanje se plan om asielsoekers en sekere ander migrante in Rwanda te hervestig as skokkend, oneties en onmenslik afgemaak. Dié organisasie se Britse direkteur van Vlugteling- en Migranteregte, Steve Valdez-Symonds, sê dit wys hoe ver Boris Johnson se regering van menslikheid en die werklikheid verwyder is. Valdez-Symonds sê die plan sal nie […]

Read More

Henk Botha en sy twee ster-atlete volgende week tuis

Na ‘n uiters suksesvolle sege in die VSA, keer Namibië se ster-atlete, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, saam met hul afrigter Henk Botha, volgende week terug Namibië toe. Die twee het uiters goed gevaar maar Masilingi het op die oomblik ‘n ligte besering. Hul afrigter Henk Botha het weereens die Namibiese publiek bedank vir al […]

Read More

CBI se Coenie gesels oor sy eis teen BoN

Die hoof van die kriptogeld-eenheid-maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy aansoek in die hoërhof waar hy die Bank van Namibië vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart dagvaar. Botha dagvaar ook die bank vir 5 miljoen dollar in sy private hoedanigheid ná […]

Read More

Jhb-kragtoevoer gesaboteur – burgemeester

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, is bekommerd oor wat sy beskryf as gekoördineerde sabotasie van die kraginfrastruktuur oor die stad heen. Dit volg op gister se brand by die Eldoradopark-substasie. Phalatse sê sy het die stad se forensiese ondersoekdiens opdrag gegee om die brand te ondersoek:

Read More

Dooie burgerlikes twee keer meer in Oekraïne

Die liggame van meer as 900 burgerliks is in die omgewing van die Oekraïnse hoofstad gevind nadat Russiese magte onttrek het. Die Oekraïnse polisie sê 95 persent van dié wat in die teruggeneemde Kiëf-omgewing gesterf het, is doodgeskiet. Die getal dooies is dubbeld die getal wat bykans twee weke gelede deur die Oekraïnse owerhede bekend […]

Read More

Vriendelike, honger rob kort rehabilitasie, dieet

‘n Oorvriendelike rob in Engeland moet gerehabiliteer word nadat mense op ‘n strand haar toebroodjies, oliebolle en vis gevoer het. Die rob, Spearmint, is ‘n bekende gesig vir strandbesoekers in Plymouth en Cawsandbaai in Cornwall. Ten spyte van kenners se pogings om haar weer in die natuur te laat aanpas, het Spearmint te afhanklik geword […]

Read More

Vraghouer-terminaal by Namport word ‘geprivatiseer’

Namport het aangekondig dat hy sal begin met die proses van die voorgestelde konsessie van die nuwe vraghouer-terminaal in Walvisbaai aan ‘n onafhanklike operateur. Andrew Kanime, uitvoerende hoof van NamPort, sê die besluit kom as gevolg van die huidige dinamika in die skeepsvaartbedryf, wat aansienlik verskuif het. Kanime sê met die bedrukte makro-ekonomiese toestande wat […]

Read More