CBI se Coenie gesels oor sy eis teen BoN

Die hoof van die kriptogeld-eenheid-maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy aansoek in die hoërhof waar hy die Bank van Namibië vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart dagvaar. Botha dagvaar ook die bank vir 5 miljoen dollar in sy private hoedanigheid ná die bank al sy bates en rekenings gevries het. Die saak duur voort voor regter George Coleman wat beslis het dat die bates gedeeltelik weer beskikbaar gestel moet word, onder toesig van die bank. Botha sê alles moet beskikbaar gestel word dat die besigheid voort kan gaan.