Musk erken sy Twitter-plan sal dalk nie werk nie

Elon Musk het sy posisie as Twitter se grootste aandeelhouer verloor. Die nuus kom na sy poging om die maatskappy in ‘n 43 miljard Amerikaanse dollar-transaksie te koop. Die Tesla- en SpaceX-baas het vroeg in April gesê hy het Twitter se grootste aandeelhouer geword, nadat hy ‘n 9,2 persent-belang in die maatskappy bekom het. Maar nou het die Vanguard-groep aangekondig dat hy ‘n 10,3 persent belang in die maatskappy besit. Musk is steeds die grootste individuele aandeelhouer, en Twitter-medestigter Jack Dorsey is die tweede grootste, maar Musk het reeds Donderdag gesê hy is nie seker of sy oornamebod suksesvol sal wees nie, ure nadat hy die aanbod gemaak het.