Agt Chinese by sementfabriek beboet en uitgegooi
Die agt Chinese burgers wat twee weke gelede by die Cheetah-sementfabriek naby Otjiwarongo in hegtenis geneem is omdat hulle nie geldige werkpermitte gehad het nie, het reeds die land verlaat. Die agt het almal skuldig gepleit in die dorp se landdroshof. Die aanklaer by die hof Joas Neemwatya sê die agt het nie senior of gespesifiseerde poste beklee nie. Landdros Ivette Fredericks […]
SA-inflasie hoër as Nam s’n
Suid-Afrika se inflasiesyfer is hoër as Namibië s’n. Die jaarlikse verbruikersprys-aanwyser, het in Maart tot 5,9 persent toegeneem in vergelyking met 5,7 persent in Februarie. Plaaslik is die syfer op 4,5 persent, onveranderd van Februarie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is die grootste bydraende faktore tot die jaarlikse inflasie steeds voedsel en nie-alkoholiese drankies. Dié twee het met 6,2 […]
China skenk R1m vir SA-ramp
Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, neem vandag in Pretoria ontvangs van ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand van die China se ambassadeur in Suid-Afrika, Chen Xiaodong. Die skenking is bedoel om die regering se voortgaande humanitêre hulp in die vloedgeteisterde gebiede van KwaZulu-Natal ‘n hupstoot te gee. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant…
Almal het kommer oor besteding van ramphulpfondse in SA
Nog ‘n organisasie doen ‘n beroep in Suid-Afrika vir die deursigtigheid van die fondse wat vir die rampe in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap opsy gesit is. Die Forum van Instellings wat Demokrasie Ondersteun vra ook verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die verspreiding van die fondse. Die organisasie se voorsitter, openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane, sê hulle sal […]
Dagga-4 verskyn weer vandag
Die saak van die vier verdagtes wat in die nag van 21 Maart betrap is by ‘n padblokkade in die hoofstad met dagga ter waarde van meer as 420 000 Namibiese dollar, sal weer vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die vier is Heinrich Magiedt, Kevin Shibaku, Gabriela de Waal en Jacques Kondo. Almal behalwe Kondo is borg van 8 000 dollar […]
Noordwes doen alles om bek- en klouseer aan te spreek
Die landboudepartement in Noordwes sê ‘n toegewyde span doen alles in hulle vermoë om voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Tot dusver is meer as 60 plase ondersoek en twee het voorkomende kwarantyn-kennisgewings ontvang. Die departement se woordvoerder, Langa Madyibi, sê hulle gaan voort om plase te ondersoek en bloedmonsters te […]
VSA maak nie oorlog met Rusland nie, ondersteun die Oekraïne
Die tussentydse Amerikaanse ambassadeur in Brittanje, Philip Reeker, sê sy land sal nie troepe na die Oekraïne stuur nie. Reeker sê die VSA maak nie met Rusland oorlog nie maar ondersteun die Oekraïne, nes Navo in Europa is as verdedigende mag. Sy aanmerkings kom te midde van verskerpte aanvalle deur Rusland in die ooste van […]
Djokovic sien uit na Franse Ope
Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, sê hy wil so gereed as moontlik wees wanneer die Franse Ope op die 22ste van volgende maand begin. Djokovic mag in Frankryk deelneem solank as wat die Covid-syfers in die land onder beheer is. Hy speel hierdie week in die Serwiese Ope, wat slegs sy derde toernooi van die seisoen is. Die 34-jarige […]
Voedselprogram sê oor die Oekraïne
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê hy twyfel of voedselvoorsieningslyne in Oekraïne oopgehou kan word. Tot dusver kon die organisasie meer as ‘n miljoen mense in Oekraïne bereik en van bereide kos, brood en kontant voorsien. Die uitvoerende direkteur van die Wêreldvoedselprogram, David Beasley, sê Oekraïne is ‘n belangrike verbouer en uitvoerder van landbouprodukte soos […]
Dwelms is ‘n probleem in die land – Nampol
Die 13 Namibiese mans en een Kongolese burger wat die naweek by Trans-Kalahari grenspos gearresteer is vir die besit van dwelms ter waarde van amper 12 miljoen Namibiese dollar bewys weer dat Namibiese owerhede wel ‘n groot uitdaging met dwelms het. Volgens Nampol se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, kan dit wees dat Namibiërs so baie […]