166 aansoeke vir verstekvonnisse by mosiehof

Die mosiehof is vanoggend deur regters Shafimana Ueitele en Nate Nadauendapo hanteer. Daar was 166 aansoeke om verstekvonnisse waarvan agte reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 66 aansoeke gebring waaronder nege voertuie opgeëis is en 32 onbetaalde lenings, met ‘n uitstaande waarde van 7,8 miljoen Namibiese dollar, nou betaalbaar is. ‘n Totaal van 25 […]

Read More

Skokkende moordsyfers uit SA

Moordsake in Suid-Afrika neem steeds toe. Die polisie se misdaadstatistiek vir Oktober tot Desember verlede jaar, is vanoggend bekend gemaak. Die syfers dui ‘n toename van 8,9 persent in moordsake aan. ‘n Woordvoerder, Thulare Sekhukhune, het die statistiek aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie voorgelê en sê 6 859 moorde is in die derde […]

Read More

Megabuild Tour de Windhoek loop lekker

Dit is dag twee van die vier-dag Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek-padfietstoer, een van die taaiste padfiestwedrenne in die land. Christiaan Bean, die bekende fietsryer was verlede November beseer is in ‘n tref-en-trap ongeluk, neem nie self deel nie maar, is teenwoordig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Kommer oor die Cele-Sitole drama

Action Society in die buurland sê dit lyk asof die ANC se invloed op die polisie nou finaal die gebroke wetstoepassingsinstelling op sy knieë gedwing het terwyl politieke binnegevegte sy integriteit vernietig het. Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole, is steeds haaks, met Cele wat Sitole onlangs beskuldig het […]

Read More

BIG vorm deel van ekonomiese herstel

Die Namibiese regering het, in reaksie op toenemende druk vir ‘n basiese inkomste toelaag gesê begunstigdes van die Voedselbank sal voordeel trek. Maar, die koalisie wat hom plaaslik beywer vir die toelaag sê dit vorm deel van ekonomiese herstel en stimulus. Rinaani Musutua van die koalisie het dit so verwoord.

Read More

Rundu moet betaal, of ons sny af – Nehemia

Selfs met die ontwikkeling van ‘n nuwe watersuiweringsaanleg by Rundu, kan water steeds afgesny word as die Rundu dorpsraad nie sy uitstaande skuld by NamWater betaal nie. Dit is volgens die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia. Rundu het die afgelope dekade herhaalde krisisse beleef, met sy skuld aan NamWater wat meer as 124 miljoen […]

Read More

Proteas kort ‘n wonderwerk

Slegs ‘n wonderwerk kan Suid-Afrika van ‘n vernederende nederlaag red in die eerste toets teen Nieu-Seeland in Christchurch. Die Proteas is gister op die eerste dag vir net 95 uitgeboender en die gasheer is vandag uiteindelik vir 482 uitgeboul. Henry Nicholls het 105 aangeteken, Tom Blundell 96, Matt Henry ‘n onoorwonne 58 en die Suid-Afrikaans-gebore […]

Read More

Graad-11 leerders presteer goed tydens herskryf

Die onderwysministerie het vanoggend die uitslae van die graad-11 leerders, wat hul eskamens oorgeskry het, bekend gemaak. Die minister, Anna Nghipondoka sê net meer as 8 000 leeders is deur. En die top leerders is… Dié leerders begin Maandag hul 2022 akademiese jaar.

Read More

AfriForum verskerp veldtog vir minderheidsregte

AfriForum sê hy gaan binnekort ‘n verskerpte internasionale veldtog van stapel stuur vir die beskerming van minderheids- en burgerregte in Suid-Afrika. Hy sê onlangse opmerkings deur die EFF-leier Julius Malema, moet veroordeel word. Malema het gister in die hof getuig hy kan dalk eendag ‘n beroep doen vir die slagting van witmense in die land. […]

Read More

Britte wag in spanning op Eunice

Die Britse meteorologiese diens het ‘n rooi waarskuwing uitgereik vir Storm Eunice wat die vanaf die weste, Brittanje vandag sal tref. Rooi is die ernstigste vlak van waarskuwing en inwoners is op die stadium uiters paraat. Die Arbeidersparty se skaduminister vir justisie Steve Reed het met die media gepraat en gesê hy kyk ook gereeld […]

Read More