Dwelms is ‘n probleem in die land – Nampol

Die 13 Namibiese mans en een Kongolese burger wat die naweek by Trans-Kalahari grenspos gearresteer is vir die besit van dwelms ter waarde van amper 12 miljoen Namibiese dollar bewys weer dat Namibiese owerhede wel ‘n groot uitdaging met dwelms het. Volgens Nampol se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, kan dit wees dat Namibiërs so baie dwelms gebruik of, die land word as ‘n transito-punt gebruik, of beide.