Lyke word nie opgeëis nie

Plaaslike media berig dat onopgeëiste oorskot by polisie-lykshuise weer begin toeneem en daar is 16 babas regoor die land wat wag dat hul families hulle kom haal. Die hoof van Nampol se forensiese eenheid kommissaris Nelius Becker sê hulle wag op ‘n regsopinie in die verband. ‘n Paar jaar gelede was daar groot uitdagings, veral in die hoofstad, met talle liggame wat nie deur familie gehaal wasnie, eenvoudig omdat daar nie geld is om hulle te begrawe nie. Fasiliteite regoor die land is uitgebrei verlede jaar tydens die derde vlaag Covid-infeksies met ‘n bykomende 214 spasies in lykshuise regoor die land.