Koningin kanselleer diplomatieke dinee

Koningin Elizabeth het na raadpleging met owerhede besluit om ‘n diplomatieke onthaal te uit te stel. Volgens Buckingham-paleis sou die onthaal Woensdag plaasgevind het en meer as 500 lede van die diplomatieke korps in Brittanje sou bymekaar gekom het vir ‘n jaarlikse vergadering in Windsor-kasteel. Daar is tot dusver geen rede vir die uitstel gegee […]

Read More

Seekatplaas: Dubbele standaarde?

‘n Maatskappy in Spanje beplan om die wêreld se eerste kommersiële seekatplaas in die hawe van Las Palmas in die Kanariese eilande te begin. Nuus van die onderneming is met afgryse deur die wetenskaplike gemeenskap en dierewelsynsaktiviste begroet. Hulle sê die feit dat seekatte ongelooflik intelligente diere is, is nou algemene kennis. Die Netflix-dokumentêre rolprent […]

Read More

Nascam sê te midde van groot ongelukkigheid van sangers

Daar is talle veranderinge onderweg by die Namibiese Vereniging van Komponeerders en Outeurs van Musiek, oftewel Nascam. Talle Namibiese kunstenaars het vertroue in Nascam verloor, omdat hulle so min vir hul werk betaal word met sommige kunstenaars wat minder as ‘n dollar in ‘n jaar verdien het. Volgens John Max van Nascam sal veranderinge tot […]

Read More

Vragmotorstaking in SA skop af, buitelanders moet uit sê hulle

Die All Truck Drivers Forum and Allied South African-groepering se staking in die buurland het begin. Die sekretaris-generaal van All Truck Drivers, Sifiso Nyathi, sê hulle gaan môre ‘n memorandum met eise aan die bedryfsbedingingsraad in Johannesburg oorhandig. Sommige van die eise is dat buitelanders nie in die vragmotorbestuurdersbedryf indiens geneem moet word nie en […]

Read More

Oekraïne… het China iets geweet?

Terwyl Rusland chaos in Oekraïne veroorsaak het Moskou China as ‘n kragtige ekonomiese bondgenoot om Westerse sanksies teen te staan. Amerikaanse media berig Chinese aankope van olie uit Rusland in Desember het sy aankope uit Saoedi-Arabië verbygesteek. Ses dae voor die militêre aanslag begin het, het Rusland ‘n jarelange ooreenkoms aangekondig waardeur hy 100 miljoen […]

Read More

Twintig20-einstryd – Rocks teen die Titans

Die Rocks en die Titans meet vanmiddag kragte in die eindstryd van Krieket Suid-Afrika se Twintig20-uitdaagreeks in Gqeberha. Die Rocks het die Westelike Provinsie in hulle halfeindstryd verslaan en die Titans het die Dolphins oorrompel. Die span van die Paarl het ‘n oorwinning van sewe paaltjies behaal met nog elf aflewerings oor. Die Proteas se […]

Read More

Teisterende straatkinders in Whk moet aangespreek word

Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers het sy frustrasie met die toenemende hoeveelheid straatkinders wat by verkeersligte in die hoofstad bedel, uitgespreek. Die kinders is herhaaldelik deur owerhede bygestaan, en die groepie wat van Gobabis afkomstig is, is ook herhaaldelik huis toe geneem, net om weer terug te keer. Hulle kan ook gewelddadig raak […]

Read More

SA bestee R6 miljard aan entstowwe teen Covid

Terwyl Namibië se regering 300 miljoen Namibiese dollar op entstowwe teen Covid bestee het, is die rekening effe hoër in die buurland. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het bekend gemaak Suid-Afrika het 6 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Covid-19-entstowwe bestee. Phaahla sê nie-openbaarmakings-ooreenkomste met entstofvervaardigers beteken hy kan nie die prys van elke entstof bekendmaak nie. […]

Read More

Ek kort ammunisie, nie ‘n rit nie – Zelensky

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het ‘n aanbod van Amerika van die hand gewys om uit die hoofstad Kiëf pad te gee. Die Oekraïnse ambassade in Brittanje sê op Twitter Zelensky het aan Amerika gesê: “Die stryd is hier, ek het ammunisie nodig, nie ‘n rit nie”. Die ambassade voeg by Oekraïners is trots op […]

Read More

Pole weier Wêreldbeker uitspeelwedstryd teen Rusland

Pole gaan nie op 24 Maart sy 2022 Wêreldbeker-uitspeelwedstryd teen Rusland in Moskou speel nie weens die Russiese inval in Oekraïne. Die president van die Poolse sokkerfederasie, Cezary Kulesza, sê dit is die korrekte besluit want die tyd vir praat is verby. Hy voeg by hy sal saam met die Sweedse en Tsjeggiese federasies werk […]

Read More