Kaapstad wil organiese afval met 50% verminder

Die Stad Kaapstad doen ‘n beroep op inwoners om organiese afval, waaronder afvalkos, so ver moontlik te beperk. Die Wes-Kaapse regering het ‘n teiken gestel om organiese afval by stortingsterreine teen vanjaar met 50 persent te verminder en teen 2027 met 100 persent. Die stad sê wanneer organiese afval tussen afval in ‘n stortingterrein ontbind, skep dit ‘n gas eie aan stortingsterreine. Die stad voeg by dié gas verhoog die moontlikheid van aardverwarming tot 25 keer hoër as koolstofdioksied.