Florin hoor môre of hy bly of ry

Thomas Florin sal na verwagting môre weet of sy aansoek om vrylating, wat hy reeds as ‘n dringende aansoek in 2020 gebring het, suksesvol was of nie. Regter Shafimana Ueitele het die saak verlede week Vrydag tot môre toe uitgestel. Florin is in Desember 1999 skuldig bevind aan die moord van sy vrou Monica in […]

Read More

Taxi-bestuurder sterf in motor

Daar was ‘n groot verkeersopeenhoping net voor 11-uur vanoggend by die sogenaamde China Town in die hoofstad nadat ‘n taxi-bestuurder dood aangetref is in sy voertuig. Owerhede, sowel as die Namibiese polisie se forensiese eenheid, het onmiddellik by die toneel aangekom. Dit is toe bevestig dat hy oorlede is aan ‘n hartaanval. Die toneel is […]

Read More

Huang kry N$1,6m bevel

Die hofsaak waar die omstrede Chinese besigheidsman Jack Huang die bekende vakbondlid Petrus Nevonga en Christian Itope saam met hul drie se besigheid Jinhao Investments vir 3,7 miljoen Namibiese dollar gedagvaar het, is afgehandel. Waarnemende regter Kaijata Kangueehi het beslis die twee moet elk 800 000 dollar aan Huang terugbetaal. Die drie het die maatskappy […]

Read More

Old Mutual befonds 307 huise in Rundu

Old Mutual se Tunga Real Estate Fund het befondsing beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van 307 gedienste erwe in Kaisosi op Rundu. Die projek word in fases geïmplementeer en sal groei soos vraag na behuising toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Mufaro Nesongano, Old Mutual se bestuurder vir kommunikasie gepraat.

Read More

14 Kubaanse dokters verdien R30m jaarliks in SA

Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement het verlede jaar 30,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kubaanse dokters bestee en het steeds 14 Kubaanse dokters in diens, wat tussen 78 000 en 91 000 rand per maand verdien. Jack Bloom van die DA sê dit is onaanvaarbaar.

Read More

Klimaat: Groot beloftes, geen deurvoer

Slegs 1 persent van maatskappye wat klimaat data aan die omgewing openbaarmaking platform CDP voorlê, voorsien beleggers van die inligting wat hulle nodig het om te bepaal of hulle ‘n geloofwaardige plan het vir die oorgang na ‘n laekoolstof ekonomie. Die nuwe data beklemtoon weereens die wye gaping tussen maatskappye wat ambisieuse planne aankondig om […]

Read More

ANC moes opgestaan het vir mensregte

ActionSA is ontevrede omdat Suid-Afrika buite stemming gebly het oor ‘n voorstel van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat Rusland se inval in Oekraïne veroordeel. Namibië het ook buite stemming gebly terwyl ‘n meerderheid van 141 lande het gestem ter ondersteuning van die voorstel, wat ook vra dat Rusland sy magte onmiddellik uit Oekraïne […]

Read More

Oos-Europa krisis: Amper almal sal bates of geld verloor

Nuus dat Suid-Afrika se rykste man, Anton Rupert amper 19 miljard Suid-Afrikaanse rand verloor het sedert sanksies teen Rusland as gevolg van die oorlog in die Oekraïne, lok wyd reaksie uit. Maar hoe werk dit? Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gesels. Maar, dan behoort daar nog sakelui in ons […]

Read More

Plant vrugte, vra Akkerbouraad

Met ‘n skamele 87 plaaslike produsente, voer Namibië 96 persent vrugte in, meestal vanuit Suid-Afrika. Nie net word werksgeleenthede in Suid-Afrika deur die vraag geskep nie, die geld gaan ook soontoe. Die Akkerkbouraad moedig boere aan om vrugte te verbou soos die markontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, verduidelik…

Read More

WGO beperk volume in nagklubs, by konserte ens.

Jongmense loop die risiko van gehoorverlies as gevolg van harde musiek in nagklubs en by konserte, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê. Dus, is nuwe standaarde vir volume uitgereik. Byna 40 persent van tieners en jong volwassenes tussen die ouderdomme van 12 en 35 jaar in middel- en hoë-inkomstelande word blootgestel aan potensieel skadelike volumes in nagklubs, […]

Read More