Oud-kinderadvokaat oor baba-storting - November 16, 2022

Die voormalige Namibiese kinderadvokaat het gereageer op nog ‘n geval van baba-storting wat in Katutura plaasgevind het. Die vrou wat die gru-vonds gemaak het, het gedink sy het beweging in die swart plastieksak gesien, maar die baba was dood. Kosmos 94.1 Nuus het aan Ingrid Husselmann, gevra oor presies wat die oorsake kan wees hetsy […]

Read More

Artemis vertrek net na 8-uur - November 16, 2022

Grondspanne by Kennedy Space-sentrum het Dinsdag hoofbrandstoftenks van Nasa se maanvuurpyl gevul vir Artemis-1 se debuutlansering later vandag. Dit is die begin van Nasa se Artemis-program, 50 jaar ná die laaste Apollo-maansending. Lanseringspogings op 29 Augustus en 3 September is gestaak weens brandstoflynlekkasies en ander tegniese probleme wat sedertdien opgelos is. Die lansering word net […]

Read More

Meer as 140 dae van beurtkrag in 7 maande in SA - November 16, 2022

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê Suid-Afrikaners het in die afgelope sewe maande meer as 140 dae se beurtkrag ondervind. Hy sê die kragvoorsiener neem kennis van die beduidende uitwerking op die ekonomie. Oberholzer het met die media gepraat oor die kragkrisis en sê die gebrek aan kapasiteit veroorsaak vertragings met die instandhouding van sekere […]

Read More

Dit blyk of Sisa nie Swapo-kongres wil waarneem nie - November 16, 2022

Plaaslike media berig dat Swapo verwoed skarrel op soek na ‘n voorsittende beampte om toesig te hou oor, onder andere, die verkiesings by sy kongres wat volgende week gehou word. Die kongres sal die party se top-vier leiers vir die volgende vyf jaar verkies, insluitend die land se potensiële volgende staatshoof. Die soektog na die […]

Read More

Ouer mense: Min regtebeskerming, baie armoede - November 16, 2022

Statistieke deur die Namibië Statistieke-agentskap dui aan dat 44,5 persent van ouer persone multi-dimensionele armoede ervaar, maar die Namibiese Beskermingsbeleid maak voorsiening vir maatskaplike beskermingsmaatreëls om armoede onder bejaardes aan te spreek. Petronella Masabane, adjunk-uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie vra dat ouer persone se regte te alle tye beskerm word. Sy was die gasspreker by […]

Read More

Biden sê dit lyk op die oomblik nie of vuurpyl van Rusland af gekom het nie - November 16, 2022

Navo en wêreldleiers sal vandag vergader nadat ‘n Russies-vervaardigde vuurpyl in Pole, ‘n Navo-lid geval het. Twee mense is dood. Pole het reeds artikel 4 van die Navo-ooreenkoms opgeroep wat meen Navo sal hom bystaan met ‘n ondersoek na die voorval. Die vuurpyl het Dinsdag namiddag in Przewodow, ‘n dorpie in Oos-Pole sowat 6 kilometer […]

Read More

Trump wil in 2024 staan - November 16, 2022

Soos verwag het oudpresident Donald Trump sy kandidaatskap vir die 2024 presidensiële verkiesing by sy Florida-landgoed Mar-a-lago aangekondig. Kenners meen dit dompel die Republikeinse-party in chaos omdat die party uiters verdeeld is oor Trump en die uitslae van die tussenverkiesing. Daar word verwag dat Florida-goewerneur Ron de Santis ook die wedloop sal betree en Trump […]

Read More

Nawa maan teen hondsdolheid in Windhoek en Okahandja - November 15, 2022

Volgens die Namibiese Dierewelsynsvereniging is daar tans ‘n uitbreking van hondsdolheid in Windhoek, Okahandja en omliggende gebiede. Diere-eienaars word gemaan om dringend hul troeteldiere teen hondsdolheid in te ent. Jaarlikse inenting teen hondsdolheid is volgens wet verpligtend in Namibië. Indien ‘n dier met tekens van hondsdolheid opgemerk word, moet dit dadelik by ‘n staatsveearts aangemeld […]

Read More

DA: Seksuele wangedrag teen 173 Gautengse onderwysers aangemeld - November 15, 2022

Die DA in Gauteng sê altesaam 173 bewerings van seksuele wangedrag is in die afgelope vyf jaar teen onderwysers in die provinsie aangemeld. Vanuit hierdie gevalle is 29 onderwysers as voorsorgmaatreël geskors en ses is tans op voorlopige skorsing. Khume Ramulifho van die DA sê die gemiddelde aantal dae vir ‘n voorsorgmaatreël-skorsing is 346 en […]

Read More

Afrika-leiers moet grense van vrede vergroot - November 15, 2022

Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, doen ‘n beroep op Afrika-leiers om die grense van vrede en stabiliteit op die vasteland te vergroot. Sy was ʼn spreker tydens die gesamentlike byeenkoms van die Eweknie-beoordelingskomitee en die Afrika-unie se Raad vir Veiligheid en Sekuriteit in Umhlanga. Volgens Dube-Ncube is die Afrika-unie getrou aan sy Pan-Afrikaanse wortels […]

Read More