Ons gaan hard betaal vir Oos-Europese chaos – ekonoom

Alhoewel die verbod op Russiese olie die regte ding is om te doen om Oekraïne te ondersteun, gaan dit ‘n vernietigende uitwerking hê op lande, insluitend Suid-Afrika, met skerp stygings in inflasie. Dit is volgens professor Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat. Volgens vroeë aanduidings kan daar in April nog ‘n beduidende brandstofstyging […]

Read More

Lae inentingskoers kan rederye in Afrika se herstel kelder

Daar is kommer oor Afrika se lugvaart. Die bedryf sal eers volgens die Internasionale Lugvervoer-vereniging se Afrika-adjunkpresident Kamil Al Awadhi, teen 2025 ten volle herstel, maar lae vlakke van inenting en die koste van brandstof kan dit moontlik kniehalter. Hy verduidelik.

Read More

Eerste Chelsea-borg gestaak

Die mobiele netwerk Three het sy borgskap van Chelsea tydelik gestaak. Dis na aanleiding van sanksies van die Britse regering teen die eienaar van die klub, die Rus Roman Abramovich. Al sy bates is gevries nadat sy land Oekraïne binnegeval het en die verkoop van die klub is gestop. Three sê hy het Chelsea versoek […]

Read More

Daar word veral met vetties gesmokkel

Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika sê daar is ‘n toename in plantstropery, veral in vetplante. Die bewaringsbestuurder, Rupert Koopman, sê die Noord-Kaap word veral geteiken oor sy skaars vetplante terwyl die aanvraag in lande in Asië, Europa en Noord-Amerika styg. Koopman sê Suid-Afrikaners moet inheemse plante bewaar:

Read More

EFF reageer op hospitaalkos wat opraak

Die EFF in die buurland sê die wrede en onmenslike toestande waaraan pasiënte by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg blootgestel word, is onaanvaarbaar. Verpleegsters en personeel beweer die hospitaal se kos het opgeraak en hulle moes uit hulle eie sak vir pasiënte voorrade koop. Die Gautengse Departement van Gesondheid ontken dit. Die EFF-woordvoerder, Leigh-Ann […]

Read More

‘Dis nie ons nie, dis hulle’

Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ingestem om vandag dringend met Rusland te vergader. Dit is om Rusland se bewerings te bespreek dat Amerika navorsing oor die ontwikkeling van biologiese wapens in Oekraïne ondersteun. Amerika en Oekraïne ontken dit egter. Die Pentagon se woordvoerder, John Kirby, sê die bewerings is vals en dit is die […]

Read More

Olie kalmeer effe na ‘n woeste week

Oliepryse het vanoggend effe gestyg met ‘n dollar of so en verhandel tans rondom 109 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die prys het met 1,6 persent tydens die vorige handelsessie gedaal. Dit was ‘n week van wisselvallige handel gekenmerk deur sprake van Russiese olie-sanksies en moontlike aanbodtoevoegings van Iran, Venezuela en die Verenigde Arabiese Emirate terwyl […]

Read More

Nam-diamante is veilig, geen rede tot kommer nie

Die Goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, sê die meeste van Namibië se diamante is veilig vir handel ondanks die voortslepende konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Daar was kommer uitgespreek oor ‘n moontlike boikot van diamante wêreldwyd deur verbruikers. Inge Zaamwani-Kamwi, ‘n voormalige besturende direkteur van Namdeb, sê die uitbreek van die […]

Read More

DNS-toetse kan moontlik Wasserfall moordsaak kelder

Daar is kommer oor die vertraging in DNS-toetse in die moordsaak van Shannon Wasserfall. Die saak sal weer op 16 Mei vanjaar voorkom maar, landdros Vicky Nicolaidis het gesê dit is die laaste uitstel. Sy het haar misnoeë uitgespreek oor die feit dat die DNS-uitslae na 17 maande na die verdagtes in hegtenis geneem is, […]

Read More

GRN ondersoek moontlikheid om PCR-toets te laat vaar

Die Namibiese regering ondersoek die moontlikheid om besoekers wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is toe te laat om die land vir besigheid en toerisme binne te kom – sonder die 72-uur negatiewe PCR-toets. Die toerisme minister Pohamba Shifeta sê sy ministerie is tans in samesprekings met rolspelers sowel as die gesondheidsminister om ‘n finale […]

Read More